AudreyStories-logo

AudreyStories

Arts & Culture Podcasts

Audrey tells stories in Afrikaans and English about weird and intriguing places. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Romania, Serbia, Bosnia, Peru, China, India, Burma and more. These are all true stories about places tourists do not often go. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 40 countries.

Audrey tells stories in Afrikaans and English about weird and intriguing places. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Romania, Serbia, Bosnia, Peru, China, India, Burma and more. These are all true stories about places tourists do not often go. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 40 countries.

Location:

Canada

Description:

Audrey tells stories in Afrikaans and English about weird and intriguing places. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Romania, Serbia, Bosnia, Peru, China, India, Burma and more. These are all true stories about places tourists do not often go. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 40 countries.

Language:

Afrikaans

Contact:

7788398385


Episodes

FIKSIE 5. "Noorderligte. Aurora Borealis." 'n Storie uit Kanada. Vir tieners en immigrante.

3/27/2020
Immigrante storie. Hierdie storie is vir my oudste dogter. Ek moes haar alleen in Kanada in 'n klein dorpie los, toe sy 'n tieners was, omdat ek dringend SA toe moes gaan. Dit het my hart gebreek. Ek het die storie gemeng met Kanada ondervindinge, oor die coolste goed wat mens sien en beleef as jy in die kouer dele van Kanada woon. Ek was net 4 jaar in sneeu-gebied, maar dit het my lewe verryk. Margaret, die Kanadese vrou in die storie, bly regtig in 'n houthuisie. Sy het klassieke musiek...

Duration:00:30:31

FIKSIE 4. "Die Luisteraar." Hierdie kortverhaal is in die tydskrif SARIE gepubliseer.

3/26/2020
Stories vir Corona/Covid 19 se "Bly by die huis" dae. Hierdie is 'n baie spesiale verhaal. Ek het dit die nag voor my 4e kind se 18e verjaardag geskryf -- as verjaardag geskenk aan haar. (Skies my ander 3 kinders dat julle nie "18e verjaardag-stories-wat-in-tydskrifte-was" gekry het nie -- bel vir mamma, dan praat ons.) "DIE LUISTERAAR" was die eerste verhaal wat einding met 'n keuse. Ek dink ek wou my dogter leer dat mens altyd 'n keuse het en dat mens soms 'n swaar keuse moet maak. Hierdie...

Duration:00:12:59

FIKSIE 3. "Teresa se Oranje Emmertjie". Kortverhaal uit Guatemala.

3/26/2020
Kortverhaal. Vrolike storie oor 'n oranje emmer en 'n besonderse vrou. Daar is die mooiste geel kerk in 'n klein dorpie in Guatemala. Op die trappe sit 'n bedelaar. Ek was een van die fotograwe wat vir Teresa afgeneem het. (Of het ek?) Goeie stories is "effens waar" en "effens verbeelding" van skrywers.........Teresa het 'n oranje emmerjie gehad (het sy?).

Duration:00:14:24

Kanada Immigrasie 37. Pasop! 1e wêreld slaggate waarvan jy nie weet nie.

2/2/2020
Suid-Afrikaners weet so baie goed glad nie. Ek wens iemand het my die "onsigbare" goed geleer van Kanada. Dis so 'n ontsettende vreemde kultuur

Duration:00:10:26

Kanada Immigrasie 36. Testament: Kanadese een. Lewensversekering. Video-kameras wat jou dophou..

1/26/2020
Maak dadelik 'n wettige testament by 'n prokureur in Kanada, sodat die staat nie besluit wat van jou Kanadese kinders moet word nie. Koop hier lewensversekering. Dadelik. Daar is ORAL video kameras wat jou afneem. Mooi loop in die openbaar. Geen kind onder 12 mag ooit alleen wees nie. Moenie jou kinders in die kar los nie. Kanada het my gesigsprofiel, 'n skandering van my oë, ken my stem-profiel ens ens. Daar is paar goed wat my moet weet oor 1e wêreld lande. "Big Brother is watching you."

Duration:00:10:20

Kanada Immigrasie 35. Kanada, Australië of Nieu-Seeland? Hoe kies jy 'n nuwe land?

1/16/2020
Kanada, Australië of Nieu-Seeland is 3 goeie opsies vir Suid-Afrikaners wat wil immigreer. Jy worstel met die vraag, "Wat as ek verkeerd kies? Watter land is die REGTE een?" En, as jy op die oomblik in een van die 3 lande woon, het jy dalk besluit om weer 'n keer te trek. Nie terug SA toe nie, maar uit Kanada dalk Australië toe. Dis normaal om met die idee te speel dat jy dalk WEER moet trek. Moenie. Dit maak nie saak nie. Dis goeie 1e wêreld-lande waar jy werk kan kry en waar jy gelukkig...

Duration:00:09:03

FIKSIE 2: "Ooievaars in Serwië". Kortverhaal wat in die "Sarie" gepubliseer is.Ek het dit in Serwië geskryf.

1/16/2020
Ek het in oos-Europa gaan reis en in Serwië gaan kuier. Daar is 'n ooievaar op elke lamppaal in die hoofstraat. Hierdie Kortverhaal is in daardie hoofstrraat geskryf... "Karin sit in Serwië plat op die gras met haar rug teen ʼn lamppaal. Sy skryf. Die gegiggel van 'n swetterjoel klein dogtertjies aan die oorkant van die straat pla haar vandag. Hulle sit op hulle hurke en loer nou al drie dae lank na haar: so asof sy die sirkus se lawwe Afrika-apie is. Die grootmense van die dorp rus dié tyd...

Duration:00:13:58

Kanada Immigrasie 34. Jy KAN NIE trek nie. Te oud/geen geld/geen moed/nie genoeg punte vir Kanada nie.

1/16/2020
Jy KAN NIE trek nie of wil nie. Te oud/geen geld nie/nie moed nie/nie kwalifikasies vir ander lande se werke nie. Dan bly jy in SA. Gedurende my maandlange kuier het ek so baie mense gesien wat floreer in die land. Wat doen mense in SA om gelukkig daar te wees? Wat se planne kan jy maak as jy in sak en as sit omdat jou kinders of vriende nou trek? Watter gewoontes het sielsgelukkinge mense ten spyte van SA se 'dinge'.

Duration:00:08:40

Kanada Immigrasie 33. Wat's fout in SA? Deel 2. Ek kyk met die oë van 'n toeris.

1/15/2020
Deel 2: "Wat's fout in SA? My opinie na 'n maand se kuier tot mid-Desember 2019. Ek was geskok oor die agteruitgang in die land. Dalk omdat ek 4 jaar laas daar gekuier het. Ek het gewoond geraak aan die lewenskwaliteit in Kanada met dae vol vrede en veiligheid. Hier is 1e wêreld luukses -- goeie paaie, streng wette, skoon stede, goeie lugkwaliteit, skoon water, goeie skole, alles werk, die ekonomie is stabiel en daar is 'n rustigheid wat heel afwesig is in SA. Hierdie is my opinie en ek maak...

Duration:00:08:42

Kanada Immigrasie 32. Wat's fout in SA? Deel 1. My opinie oor die probleme in die land.

1/15/2020
Ek was tot middel Desember 2019 in SA vir 'n kuier met familie en vriende -- vir 'n maand. Ek was 4 jaar laas in die land. Die keer het so baie goed my gepla. Ek is reeds 21 jaar weg uit SA en is nou 'n "toeris" en nie meer 'n "inwoner" nie. Verder, het ek ook 'n 'sissie' geword, want die gevaar en toestande in die land het my geskok. So wat is dan fout in SA as mens as 'n toeris of buitestaander daarna kyk? Wat het my so gepla? Deel 1 van 2.

Duration:00:08:01

Kanada Immigrasie 31. Rassiste moet eerder nie immigreer nie.

1/14/2020
Suid-Afrika op 'n vreemde manier vreeslik geisoleer. Ek dink lande met probleme word so. Dis 'n land met rasse onmin, wat diep gewortel is in vrees. Rassisme is 'n swaar onderwerp, maar ek dink jy moet introspeksie hou voordat jy trek Kanada toe. Jy is in SA deel van jou kultuur en dalk jou Afrikaanse bende. Kanada 'n land met immigrante uit 100e lande wat anders dink, glo, praat en doen as jy. Hoe hoog is jou Kulturele IK? Hoe goed kan jy saamwerk met mense uit baie vreemde/weird lande? Jy...

Duration:00:07:03

Kanada Immigrasie 30. Winter+Veilig of Son+SA se dinge?

1/14/2020
"Winter in Kanada" maak mense uit SA bang: want Son en SA het sinoniem geword. "Ek sal nooit in die sneeu kan aard nie!" roep Suid-Afrikaners uit. Ek antwoord hierop, "Ek sal nooit weer in onveilig kan aard nie." Mense is bang om hulle land te verlaat. "Winter/sneeu" word net 'n verskoning om nie te trek nie. Enige verandering is swaar. Die massiewe besluit om uit jou land weg te trek en jou familie en vriende te los, is te swaar. Dus, kies mens iets in die ander land (Kanada) waarmee jy sê...

Duration:00:07:59

Kanada Immigrasie 29. Ek trek terug SA toe! Nee, moenie! 95% van terug-trekkers trek weer uit SA.

1/2/2020
Immigrasie is swaar. Baie immigrante besluit om terug te gaan SA toe. MOENIE. 95% van "terug-trekkers" trek weer terug Kanada/Australië ens. toe. Soms trek mense terug omdat hulle ouers soveel druk op hulle plaas. Ouers sê: "Ons kan nie sonder jou lewe nie. Jy het ons enigste kleinkinders uit die land geneem. Ons is oud, ons verlang te veel ...". Nee. Dis verkeerd. Ouers mag kinders nie teruglok nie. Dan, trek mense terug omdat alle mense verandering haat en die aanpassing te swaar is. Daar...

Duration:00:06:33

Kanada Immigrasie 28. VERNIET geld in Kanada. Canada Pension Plan, Old Age Pension, EI, geld per kind.

1/1/2020
Kanada gee op 65 vir almal "old-age-pension" (tot $660 p/m) en dan ook Canada Pension van tot $1000 per maand. As jou werk jou afdank, of jy te siek word om te werk, skop jou EI in. Dis 'n versekering wat almal wat werk betaal per maand, sodat jy nie geldloos sal sukkel terwyl jy nie werk nie. Kanada betaal jou ook vir elke kind. Die maksimum is $533 per kind p/m vir kinders onder 6 en dan $450 per maand vir kinders tussen 6 en 17. Jy moet jouself opvoed oor al hierdie planne. Niemand gaan...

Duration:00:07:00

Kanada Immigrasie 27. Verniet geld per kind. Tot $533 per kind per maand (onder 6). Tot $450 van 6-17.

12/31/2019
Verniet geld vir kinders klink te goed om waar te wees. Maar, dis een van die wonderlike voordele van Kanada. Die geld se naam is "Child and Family Benefits". Dit word bereken volgens jou inkomste en werk op 'n glyskaal. Wat is die voorwaardes hiervan? Jy moet "Permanent Resident" status hê, jy moet in Kanada woon, en jou kind of kinders moet by jou woon. Daarna gee jy jou "Notice of Assessment" in -- dis die vorm wat aandui hoeveel jy per jaar verdien het. Jy kry dan 'n bedrag per kind...

Duration:00:08:29

Kanada Immigrasie 26. Kanada vs Suid-Afrika. Goud, krag, lewensverwagting, inkomste, water. Hoe vergelyk die 2 lande?

12/30/2019
Ek maak 'n raai-raai speletjie van Statistiek -- oor Kanada en Suid-Afrika -- eerder as om dit soos 'n lesing vol nuttelose nommers te laat klink. Natuurlik moet mens nogal sug oor alle statistiek, want dis mos net 'n "so-so nommer" -- wat baie faktore buite rekening laat. Maar, ek dink as mens dit oorweeg om Kanada toe te trek, daar wel baie waarde sit in hierdie statistieke.

Duration:00:08:39

Kanada Immigrasie 25. Aanpassing. Help! Ek wil huis toe gaan!

12/27/2019
Aanpassing in enige nuwe land begin maklik en as 'n groot avontuur. Die hele konsep van immigrasie is 'te groot' en die brein dink aan trek as 'n heerlike vakansie. Dan -- skielik -- asof 'n kristalglas in 'n duisend stukkies breek, tref die werklikheid jou op 'n Gewone Woensdag. Skielik sit jy in Piet Verdriet straat en jy roep: "Ek wil huis toe gaan! Ek het dit nie bedoel om vir ALTYD te immigreer nie. Draai tyd terug. Suid-Afrika is eintlik ok, en elkeen van die 50 redes waarom ek getrek...

Duration:00:08:34

Kanada Immigrasie 24. LAERSKOOL Deel 2. Liberale Land: Hoe lyk 'n gewone dag in 'n laerskool?

11/13/2019
LAERSKOOL (Deel 2). Wat is anders hier? Waaraan moe ouers aandag gee. Doen meer gewone wiskunde met jou kind. Onderrig in Laerskole in Kanada is goed, maar heel heel anders. Waaraan moet jy dink? Gevare?

Duration:00:09:26

Kanada Immigrasie 23. LAERSKOOL (Deel 1) Opset en algemene inligting.

11/12/2019
Laerskole (1). Algemene wenke. Wat is jou rol? Daar is bv. 'n Gr 2/3 "split" waar graad 2's en 3's 'n juffrou deel. Dit was vir my sleg, maar dis 'n gewoonte in Kanada. Daar is baie laerskole, elkeen met MIN kinders in. Die wet sê daar moet 'n laerskool naby genoeg wees dat kinders kan stap.

Duration:00:10:40

Kanada Immigrasie 20. KLEIN DORPIES. Deel 1. Moenie na 'n piepklein plekkie toe trek nie.

11/10/2019
Episode 20. Klein dorpies - Deel 1. Moenie in 'n piepklein dorpie in Kanada kom werk en woon nie. Dis te swaar. Heel noord in Kanada is nag. Wat dink ek is verkeerd aan 'n klein plekkie in Kanada? Hoekom is klein dorpies hier so moeilik vir Suid-Afrikaners? En dit gaan oor baie meer as die koue.

Duration:00:08:38