AudreyStories-logo

AudreyStories

Arts & Culture Podcasts

Audrey tells stories in Afrikaans and English about weird and intriguing places. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Romania, Serbia, Bosnia, Peru, China, India, Burma and more. These are all true stories about places tourists do not often go. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 40 countries.

Audrey tells stories in Afrikaans and English about weird and intriguing places. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Romania, Serbia, Bosnia, Peru, China, India, Burma and more. These are all true stories about places tourists do not often go. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 40 countries.

Location:

Canada

Description:

Audrey tells stories in Afrikaans and English about weird and intriguing places. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Romania, Serbia, Bosnia, Peru, China, India, Burma and more. These are all true stories about places tourists do not often go. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 40 countries.

Language:

Afrikaans

Contact:

7788398385


Episodes

ENGLISH. BEDTIME STORIES FOR ADULTS. 2. "The Orange Bucket." Guatemala.

3/31/2020
ENGLISH. BEDTIME STORIES FOR ADULTS 2. Fun/serious story with a tiny important twist. Do not let the beginning frighten you. I wrote the outline to this story in Guatemala -- because I am a photographer. I took pictures of beautiful churches in small towns in Guatemala. And of the people. I try to tread lightly on the souls of humans. But do I? There was a Teresa begging in front of a yellow church. This is a true story? (Or not?)

Duration:00:14:47

ENGLISH. BEDTIME STORIES FOR ADULTS. 1. "Storks in Serbia."

3/30/2020
English Fiction 1. "Storks in Serbia". This is my first English Podcast. I speak Afrikaans as a first language and I write in Afrikaans. This story was published in South Africa in the magazine SARIE. I wrote this in Serbia, in the town of Mokrin, when I visited a family in 2010. There are really massive lamp posts in Mokrin, and there are storks on most of them. They sit in nests. I have 4 children. One day, I sat under a stork. I had a chat with this stork to clearly explain that I did not...

Duration:00:27:41

COVID-19. Maart 30. KUUR? Peptied wat werk? Dit lyk so. Nuwe Navorsing.

3/30/2020
30 Maart 2020. Kuur? Baie goeie nuus -- dit lyk of daar 'n peptied is wat Covid-19 kan keer om aan ons longe vas te klou. Dit sal ingespuit moet word. Die navorsing kom van MIT af, dis die "Massachusetts Institute of Technology" in die VSA. Hulle het daar met 'n super-spoed rekenaar 'n peptied gebou wat wonderlik werk op rekenaars. Dis nuwe navorsing wys dat ons Covid-19 virus kan toedraai in iets soos kleefplastiek, om dit te keer van vasplak in ons longe en te groei. Op die oomblik word...

Duration:00:08:07

COVID-19. Maart 30. Vitamine C help niks. Mites en Vals feite oor Covid.

3/30/2020
30 Maart 2020. Vitamine C help nie teen verkoues nie, ook nie om jou immuunsisteem sterker te maak nie. Dis al JARE lank (60 jaar?) lank 'n mite. In hierdie tyd van die Covid virus, drink mense botteltjies vol pille om hulle sterker te maak. Allerhande kure word ontdek en verkoop. Wat regtig help is --- om weg te bly van ander mense af (2 meter) en om nie aan oppervalktes te vat nie. (Die virus bly 3 dae lewendig op plastiek en harde oppervlaktes?).

Duration:00:11:20

FIKSIE 3. "Teresa se Oranje Emmertjie". Kortverhaal uit Guatemala.

3/30/2020
Kortverhaal. Vrolike storie oor 'n oranje emmer en 'n besonderse vrou. Daar is die mooiste geel kerk in 'n klein dorpie in Guatemala. Op die trappe sit 'n bedelaar. Ek was een van die fotograwe wat vir Teresa afgeneem het. (Of het ek?) Goeie stories is "effens waar" en "effens verbeelding" van skrywers.........Teresa het 'n oranje emmerjie gehad (of het sy nie?).

Duration:00:14:24

COVID-19. Maart 29, 2020. Pandemie Praatjie? Sug. Ja.

3/29/2020
29 Maart 2020. Ek het eers besluit dat ek nie 'n enkele podcast gaan maak oor hierdie Pandemie nie, want daar is al klaar oral te veel nuus. Maar -- dis om soos 'n volstruis my kop in die grond te druk en nie te vertel wat in Kanada aangaan nie. En -- ek moet ook sê dat ek SUKKEL. Dis weird. Dit voel soos 'n aaklige fliek.

Duration:00:11:56

COVID-19. Maart 29, 2020. Nuutste nuus: Hoe steek mens aan? Oppervlaktes en Asem?

3/29/2020
29 Maart 2020. Hoe lank is die virus lewendig op oppervlaktes? Wat vandag waar is oor hierdie pandemie, word more dalk verkeerd bewys. Ek dink almal pik effens. Ons gorrel, ons maak planne, ons hoor vals nuus. Maar -- in Kanada is daar al hoe meer feite oor HOE mens aansteek. Die virus is BAIE langer lewendig op oppervlaktes soos plastiek. Trek handskoene aan, was jou hande?

Duration:00:11:30

COVID-19. Maart 29, 2020. "Mental Health". Ons moet KOPHOU. Hoe?

3/29/2020
29 Maart 2020. "Mental Health". Almal gee oral raad. Nuwe woorde kom. Hoe gaan jy KOPHOU tydens hierdie pandemie. Want, dalk gaan jy gesond bly en nie die Covid-19 virus kry nie. Jippeee. Maar -- hoe gaan jy geestelik ok bly. Wat gaan jy doen sodat daar nie 'n SWART WOLKE oor jou begin dryf nie? Ons sport is weg. Ons vryheid is weg. Ons is bang. Daar is nie 'n handboek oor Pandemies nie. Watse planne?

Duration:00:08:38

COVID-19. Maart 29, 2020. GELD. Sug. Ons verloor ons inkomste. Hoe lank?

3/29/2020
29 Maart 2020. GELD. Jy het jou werk verloor, jou inkomste. Jy hoop dis net vir 'n maand. Jy WEET dit is nie. Geld groei nie aan bome nie, nie eers as daar 'n pandemie is nie. So? Nou wat. Wat as die hele aarde se ekonomie in duie stort. Ooo, daar hang die swart wolkie oor ons almal, jou hart kramp, jy word bang. Ons almal is. So -- watse planne?

Duration:00:09:25

FIKSIE 5. "Noorderligte. Aurora Borealis." 'n Storie uit Kanada. Vir tieners en immigrante.

3/27/2020
Immigrante storie. Hierdie storie is vir my oudste dogter. Ek moes haar alleen in Kanada in 'n klein dorpie los, toe sy 'n tieners was, omdat ek dringend SA toe moes gaan. Dit het my hart gebreek. Ek het die storie gemeng met Kanada ondervindinge, oor die coolste goed wat mens sien en beleef as jy in die kouer dele van Kanada woon. Ek was net 4 jaar in sneeu-gebied, maar dit het my lewe verryk. Margaret, die Kanadese vrou in die storie, bly regtig in 'n houthuisie. Sy het klassieke musiek...

Duration:00:30:31

FIKSIE 4. "Die Luisteraar." Hierdie kortverhaal is in die tydskrif SARIE gepubliseer.

3/26/2020
Stories vir Corona/Covid 19 se "Bly by die huis" dae. Hierdie is 'n baie spesiale verhaal. Ek het dit die nag voor my 4e kind se 18e verjaardag geskryf -- as verjaardag geskenk aan haar. (Skies my ander 3 kinders dat julle nie "18e verjaardag-stories-wat-in-tydskrifte-was" gekry het nie -- bel vir mamma, dan praat ons.) "DIE LUISTERAAR" was die eerste verhaal wat einding met 'n keuse. Ek dink ek wou my dogter leer dat mens altyd 'n keuse het en dat mens soms 'n swaar keuse moet maak. Hierdie...

Duration:00:12:59

Kanada Immigrasie 37. Pasop! 1e wêreld slaggate waarvan jy nie weet nie.

2/2/2020
Suid-Afrikaners weet so baie goed glad nie. Ek wens iemand het my die "onsigbare" goed geleer van Kanada. Dis so 'n ontsettende vreemde kultuur

Duration:00:10:26

Kanada Immigrasie 36. Testament: Kanadese een. Lewensversekering. Video-kameras wat jou dophou..

1/26/2020
Maak dadelik 'n wettige testament by 'n prokureur in Kanada, sodat die staat nie besluit wat van jou Kanadese kinders moet word nie. Koop hier lewensversekering. Dadelik. Daar is ORAL video kameras wat jou afneem. Mooi loop in die openbaar. Geen kind onder 12 mag ooit alleen wees nie. Moenie jou kinders in die kar los nie. Kanada het my gesigsprofiel, 'n skandering van my oë, ken my stem-profiel ens ens. Daar is paar goed wat my moet weet oor 1e wêreld lande. "Big Brother is watching you."

Duration:00:10:20

Kanada Immigrasie 35. Kanada, Australië of Nieu-Seeland? Hoe kies jy 'n nuwe land?

1/16/2020
Kanada, Australië of Nieu-Seeland is 3 goeie opsies vir Suid-Afrikaners wat wil immigreer. Jy worstel met die vraag, "Wat as ek verkeerd kies? Watter land is die REGTE een?" En, as jy op die oomblik in een van die 3 lande woon, het jy dalk besluit om weer 'n keer te trek. Nie terug SA toe nie, maar uit Kanada dalk Australië toe. Dis normaal om met die idee te speel dat jy dalk WEER moet trek. Moenie. Dit maak nie saak nie. Dis goeie 1e wêreld-lande waar jy werk kan kry en waar jy gelukkig...

Duration:00:09:03

FIKSIE 2: "Ooievaars in Serwië". Kortverhaal wat in die "Sarie" gepubliseer is.Ek het dit in Serwië geskryf.

1/16/2020
Ek het in oos-Europa gaan reis en in Serwië gaan kuier. Daar is 'n ooievaar op elke lamppaal in die hoofstraat. Hierdie Kortverhaal is in daardie hoofstrraat geskryf... "Karin sit in Serwië plat op die gras met haar rug teen ʼn lamppaal. Sy skryf. Die gegiggel van 'n swetterjoel klein dogtertjies aan die oorkant van die straat pla haar vandag. Hulle sit op hulle hurke en loer nou al drie dae lank na haar: so asof sy die sirkus se lawwe Afrika-apie is. Die grootmense van die dorp rus dié tyd...

Duration:00:13:58

Kanada Immigrasie 34. Jy KAN NIE trek nie. Te oud/geen geld/geen moed/nie genoeg punte vir Kanada nie.

1/16/2020
Jy KAN NIE trek nie of wil nie. Te oud/geen geld nie/nie moed nie/nie kwalifikasies vir ander lande se werke nie. Dan bly jy in SA. Gedurende my maandlange kuier het ek so baie mense gesien wat floreer in die land. Wat doen mense in SA om gelukkig daar te wees? Wat se planne kan jy maak as jy in sak en as sit omdat jou kinders of vriende nou trek? Watter gewoontes het sielsgelukkinge mense ten spyte van SA se 'dinge'.

Duration:00:08:40

Kanada Immigrasie 33. Wat's fout in SA? Deel 2. Ek kyk met die oë van 'n toeris.

1/15/2020
Deel 2: "Wat's fout in SA? My opinie na 'n maand se kuier tot mid-Desember 2019. Ek was geskok oor die agteruitgang in die land. Dalk omdat ek 4 jaar laas daar gekuier het. Ek het gewoond geraak aan die lewenskwaliteit in Kanada met dae vol vrede en veiligheid. Hier is 1e wêreld luukses -- goeie paaie, streng wette, skoon stede, goeie lugkwaliteit, skoon water, goeie skole, alles werk, die ekonomie is stabiel en daar is 'n rustigheid wat heel afwesig is in SA. Hierdie is my opinie en ek maak...

Duration:00:08:42

Kanada Immigrasie 32. Wat's fout in SA? Deel 1. My opinie oor die probleme in die land.

1/15/2020
Ek was tot middel Desember 2019 in SA vir 'n kuier met familie en vriende -- vir 'n maand. Ek was 4 jaar laas in die land. Die keer het so baie goed my gepla. Ek is reeds 21 jaar weg uit SA en is nou 'n "toeris" en nie meer 'n "inwoner" nie. Verder, het ek ook 'n 'sissie' geword, want die gevaar en toestande in die land het my geskok. So wat is dan fout in SA as mens as 'n toeris of buitestaander daarna kyk? Wat het my so gepla? Deel 1 van 2.

Duration:00:08:01

Kanada Immigrasie 31. Rassiste moet eerder nie immigreer nie.

1/14/2020
Suid-Afrika op 'n vreemde manier vreeslik geisoleer. Ek dink lande met probleme word so. Dis 'n land met rasse onmin, wat diep gewortel is in vrees. Rassisme is 'n swaar onderwerp, maar ek dink jy moet introspeksie hou voordat jy trek Kanada toe. Jy is in SA deel van jou kultuur en dalk jou Afrikaanse bende. Kanada 'n land met immigrante uit 100e lande wat anders dink, glo, praat en doen as jy. Hoe hoog is jou Kulturele IK? Hoe goed kan jy saamwerk met mense uit baie vreemde/weird lande? Jy...

Duration:00:07:03

Kanada Immigrasie 30. Winter+Veilig of Son+SA se dinge?

1/14/2020
"Winter in Kanada" maak mense uit SA bang: want Son en SA het sinoniem geword. "Ek sal nooit in die sneeu kan aard nie!" roep Suid-Afrikaners uit. Ek antwoord hierop, "Ek sal nooit weer in onveilig kan aard nie." Mense is bang om hulle land te verlaat. "Winter/sneeu" word net 'n verskoning om nie te trek nie. Enige verandering is swaar. Die massiewe besluit om uit jou land weg te trek en jou familie en vriende te los, is te swaar. Dus, kies mens iets in die ander land (Kanada) waarmee jy sê...

Duration:00:07:59