WAT Met Willim Welsyn-logo

WAT Met Willim Welsyn

Arts & Culture >

More Information

Location:

Cape Town, South Africa

Language:

Afrikaans


Episodes

Episode 155. - Niel van Deventer

10/4/2018
More
Niel van Deventer is ’n TV en filmvervaardiger van Hartbeespoortdam wat nou onlangs Kaap toe getrek het en is tans besig om Jacques Pauw se boek The President’s Keepers tot ’n dramareeks te verwerk. Hy was ook die vervaardiger op die fliek ‘Dis ek, Anna’ (wat ses SAFTAs gewen het), wat kindermishandeling aanpak en hoop om met sy verwerking van Pauw se boek die soeklig te laat val op die korrupte Zuma-regime en hoe dit Suid-Afrika geraak het. Hy kom kuier in die garage en vertel vir Willim...

Duration:02:07:18

Episode 154. - Annie Klopper (Live By The Book Lounge)

9/27/2018
More
Willim gesels met Annie Klopper voor ’n live audience by die bekendstelling van haar debuut roman - Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak – by The Book Lounge in Kaapstad. Annie is ’n skrywer, digter, taalpraktisyn en deeltydse dosent verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Duration:00:59:16

Episode 153. - Kabous Verwoed

9/21/2018
More
Kabous Verwoed (Hendrik Hancke) is ’n digter, skrywer, voormalige band manager en deesdae ook ’n bekroonde joernalis by Rapport. Kabous kom Kaap toe om twee Media 24 toekennings te wen en op pad terug lughawe toe kom kuier hy vinnig in die garage om vir ons alles te vertel: Die dae toe hy saam met Anton Goosen getoer het, die belangrike rol wat hy in beide Bacchus Nel en Jan Blohm se loopbane gespeel het, sy betrokkenheid by die Sidewalk Café in Sunnyside se movement, hoe hy ’n lewe probeer...

Duration:01:15:23

Episode 152. - Laudo Liebenberg

9/13/2018
More
Laudo Liebenberg is die leadsinger en guitarist van aKING. Hy’s ook ’n akteur op die verhoog, tv en die silwerskerm. Willim vra hom uit oor sy kinderdae in Bellville, die dae toe hy in die Fokofpolisiekar-huis gewoon het, sy eerste acting rolle, die begin van aKING, record labels en die stand van sake… tans.

Duration:01:27:38

Episode 151. - Wynand Myburgh

9/6/2018
More
Willim is terug in die garage. En hy gesels met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar wat onlangs die SAMA vir Best Rock album gewen het. Hulle gesels oor alles: skooldae, Bellville, musical influences, geloof, die begin van Fokof, die kerk, die beursie insident, die begin van Van Coke Kartel, die toere, die t-shirts… oor alles.

Duration:01:58:42

Episode 150. - Behind The Scenes & Cheers Vir Eers

3/2/2018
More
Willim antwoord 'n paar van die WAT Podcast-luisteraars se vrae voor hy 'n break vat van die show.

Duration:00:38:47

Episode 149. - Willem Samuel (Deel 2)

3/1/2018
More
Die tweede en laaste deel van Willim se gesprek met Willem Samuel.

Duration:01:01:36

Episode 148. - Willem Samuel (Deel 1)

3/1/2018
More
Willem Samuel het sy eerste comic in Bitterkomix gepubliseer toe hy 20 jaar oud was voor hy sy kunsgraad voltooi het onder die leiding van Anton Kannemeyer. Hy was vir 'n geruime tyd die Art Director by Supa Strikas en daarna London toe waar hy begin skryf en teken het aan sy grafiese roman Mengelmoes. Hy’t ook die heruitgawe van die legendariese Swart Kat-reeks ge-illustreer. Sy band Skree Alleen het onlangs ’n EP – Langafstand – uitgereik en op die 6de Maart 2018 kan jy die opening van sy...

Duration:01:05:44

Episode 147. - Kobus Galloway

2/23/2018
More
Kobus Galloway is daai populêre spotprenttekenaar, grafiese ontwerper, illustreerder en die main brein agter Idees Vol Vrees, Skerpskerts, Komedie.co.za en Skorsie en Das. Hy kom kuier in die garage en gesels oor hoe sy liefde vir kuns, idiome, dubbelsinnighede en humoristiese woordspeling hom ’n suksesvolle aanlyn-entrepreneur gemaak het.

Duration:01:50:03

Episode 147. - Kobus Galloway

2/22/2018
More
Kobus Galloway is daai populêre spotprenttekenaar, grafiese ontwerper, illustreerder en die main brein agter Idees Vol Vrees, Skerpskerts, Komedie.co.za en Skorsie en Das. Hy kom kuier in die garage en gesels oor hoe sy liefde vir kuns, idiome, dubbelsinnighede en humoristiese woordspeling hom ’n suksesvolle aanlyn-entrepreneur gemaak het.

Duration:01:50:03

Episode 146. - Jaco van der Merwe

2/9/2018
More
Jaco van der Merwe is ’n skrywer, ’n filmteorie-lektor en ’n rapper vir die electro-rap band Bittereinder. Hy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af om te gesels oor die disillusionment van sy Afrikaner-identiteit as laerskool laaitie, sy Hoërskool bands, daai eerste distortion pedal, die dae toe hy gerap het as Ajax, hoe hy saam met Peach van Pletzen se projek Yesterday’s Pupil in Pole gaan optree het en hoe Bittereinder ’n positiewe uitlaatklep geword het vir sy ambivalente...

Duration:02:33:25

Episode 145. - Arno Carstens

2/1/2018
More
Arno Carstens hang deesdae weer in Bellville uit want The Springbok Nude Girls is besig om ’n nuwe album te record. Dus moes dié legendary singer songwriter en frontman kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuutste album Aandblom 13, sy kinderdae op Worcester, die rock Renaissance van Stellenbosch in die 90s, meeste van die Nude Girls se albums, open vir die Stones, paint parties saam Beezy Baily en nog vele meer.

Duration:01:07:18

Episode 144. - Jack Parow

1/26/2018
More
Jack Parow is ’n rapper. Hy kom kuier in die garage en gesels oor sy kinderdae, sy eerste jobs, sy nuwe album, sy vorige albums, sy collaborations, sy tv-shows, hoe om goeie PR-damage control te doen en wat se invloed brands het op die musiekbedryf. Geborg deur Evolver Signs and Graphics.

Duration:02:24:21

Episode 143. - Francois van As

1/18/2018
More
Francois van As is ’n Kaapse komediant wat sy kitaar en song writing skills gebruik om mense te laat lag. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy kinderdae op Bredasdorp, wat alles daar by Spar gebeur het, sy eerste band Plofmot, hoe hy die redakteur van die skoolkoerant geword het en die dae toe hy Kunskafee (wat toe later The Rabbit Hole geword het) in Durbanville besit het. In 2016 wen hy die Comedy Central Africa Grab the Mic toekenning, so hy gesels ook die verhouding tussen...

Duration:01:19:23

Episode 142. - Le Roi Nel en Gerdus Oosthuizen

1/11/2018
More
Le Roi Nel was die hoofsanger en kitaarspeler in Foto Na Dans en Gerdus Oosthuizen was die kitaarspeler en tweede sanger in New Holland, twee baie populêre rock bands uit Bellville. Le Roi en Gerdus kom kuier al die pad van Duitsland af om te gesels oor hulle nuwe band Sons Of Settlers, hoe dit is om musiek te maak in Duitsland en wat alles in die dae van New Holland en Foto Na Dans gebeur het.

Duration:02:02:41

Episode 141. - Henré Pretorius

1/4/2018
More
Voor Henré Pretorius agter die kameras kon werk by sy eie produksiehuis Admit One Media, moes hy eers sy tande slyp as akteur (Backstage, 7de Laan, Getroud Met Rugby) en TV-aanbieder (JIP, Studio 1, Smelt, Zing). Henré kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter die skerms gebeur het gedurende sy dae by KykNET en MK en oor sy verhouding met sy broer Herman Pretorius wat in 2009 sy stryd teen kanker verloor het.

Duration:01:55:06

Episode 140. - Best Of 2017 (Deel 3)

12/30/2017
More
In hierdie derde en laaste uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Valiant Swart, Schalk Maas, Rouleaux van der Merwe, Chris Kreef, Jo Ellis, Ruan Styx Fourie, Michelle Nolte, Danie du Toit, Chris Danger Thundervolt, Tertius Kapp, Pietie Beyers en Toast Coetzer. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.

Duration:01:09:21

Episode 139. - Best Of 2017 (Deel 2)

12/20/2017
More
In hierdie tweede uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Gifford Peché, Izak du Plessis, Philip de Vos, Jean Tunes Marais, Erns Grundling, Johnny de Ridder en Schalk Joubert. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.

Duration:01:41:48

Episode 138. - Stéfan Burger

12/14/2017
More
Stéfan Burger is ’n sanger, liedjieskrywer en kliniese sielkundige by die Jimmie Roosskool net buitekant Dewetsdorp. Stéfan is ’n passievolle liefhebber van plaaslike musiek en na ’n konsert van Riku Lätti het hy onlangs besluit om self die kitaar op te tel en te begin songs skryf en toe sommer ook ’n album op te neem. Stéfan was ook deel van die Swart Hond-konsert in Jacobsbaai wat Dana Snyman Saterdag gehou het vir sy geliefde Anette Roberts met wie hy op die dag sou trou. Willim en Stéfan...

Duration:01:48:26

Episode 137. - WAT Het Ons Geleer? Best Of 2017 (Deel 1)

12/6/2017
More
Willim doen bietjie hersiening en spoeg en plak vir jou ’n paar waardevolle lesse WAT hy geleer het uit 2017 se eerste episodes met Francois Van Coke, Barry Hilton, Elbie Adendorff, Herman Kleinhans, Rohan Strydom, Chris DeWet Bornman, Gigi en Nita Fourie, Johan Jack Smith en Heine Van Der Walt. Willim las hierdie lesse aanmekaar met stukkies van sy nuwe album Blitzkriek.

Duration:00:53:41