Radio Scriptura-logo

Radio Scriptura

Religion & Spirituality Podcasts >

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
More Information

Location:

South Africa

Description:

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Language:

Afrikaans


Episodes

Perspektief: November 2019

12/3/2019
More
November in Perspektief: 1. Springbokke wen die wêreldbeker 2. #ImStaying 3. Genadedood

Duration:01:00:19

Luisteraarsvrae: Fisiese Oefening / Voorspoedsteologie

11/27/2019
More
In hierdie episode gesels ons met Prof Albert Coetsee en beantwoord twee luisteraarsvrae. Die eerste een gaan oor fisiese oefening en die tweede oor die "Voorspoedsteologie".

Duration:00:41:09

Luisteraarsvraag: Die Heilige Gees en ons gewete

11/19/2019
More
In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die werk van die Heilige Gees en ons gewete. My gewete getuig saam met my in die Heilige Gees" Romeine 9:1. Die luisteraar wil weet hoe die Heilige Gees en ons gewete saam werk. Is dit die Gees of ons eie gewete wat ons weerhou daarvan om kwaad te doen? Of werk die Gees deur ons gewete?

Duration:00:57:49

Luisteraarsvraag: Vervang die kerk vir Israel?

11/12/2019
More
In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die plek van Israel en die Kerk. Is Israel en die kerk dieselfde? Het die kerk vir Israel vervang? Deur wie voer God sy plan uit?

Duration:00:53:27

Perspektief: Oktober 2019

11/5/2019
More
Ons kyk na Oktober 2019 se nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief:

Duration:00:56:55

Huisgodsdiens: Kinders, kerk en kategese

10/29/2019
More
In die episode gesels ons oor die kerk en katkisasie en hoe dit inpas in die gesin se aanbidding.

Duration:00:51:14

Huisgodsdiens: Hoe?

10/22/2019
More
In hierdie episode kyk ons na die praktiese sy van huisgodsdiens. Ons kyk na hoe ons, ons huisgodsdiens moet inrig en dan ook na hindernisse wat daar mag wees.

Duration:00:59:37

Huisgodsdiens: Hoekom?

10/15/2019
More
Hierdie is ons eerste episode in 'n reeks oor "Huisgodsdiens". Ons kyk na Skrifbeginsels as motivering vir huisgodsdiens, uitdagings en die noodsaaklikheid van huisgodsdiens.

Duration:00:43:18

Perspektief: September 2019

10/1/2019
More
Ons kyk na hierdie maand se nuusgebeure vanuit 'n Bybelse perspektief:

Duration:01:01:11

Hoe word ek wat ek is?

9/24/2019
More
Hierdie is die laaste episode in ons reeks oor "Identiteit". Ons het eers die vrae gevra: "Wie is ek?" en toe "Wie sê die Here is ek?". In hierdie derde episode wil ons uitvind hoe ons nou kan word wat ons is. Ons kyk veral na praktiese riglyne vanuit die Skrif.

Duration:01:00:56

Wie sê die Here is ek?

9/17/2019
More
Hierdie is die tweede episode in die reeks oor "Identiteit". Ons vra die vraag: Wie sê die Here is ek?

Duration:00:45:21

Wie is ek?

9/10/2019
More
Hierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks oor "Identiteit". En in die episode vra ons die vraag: "Wie is ek?" Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: “wie is ek?”

Duration:00:39:33

Perspektief: Augustus 2019

9/3/2019
More
Dit is opvallend hoe daar tans in Suid-Afrika en regoor die wêreld protes-optogte gehou word. Baie keer gaan dit selfs oor tot geweld of vandalisme. Is protes-optogte iets waaraan Christene behoort deel te neem? Hoe sou ons deelname daaraan lyk? (03:20) Wat sê die Skrif oor opstand teen die regering, en hoe behoort gelowiges op te tree teenoor 'n goddelose regering? (17:38) "Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die...

Duration:00:41:13

Fees-episode: Sola Scriptura

8/27/2019
More
Radio Scriptura is twee jaar oud! Om dit te vier, het ons besluit om hierdie spesiale fees-episode uit te reik. Vandag wil ons as’t ware terugkeer na die bron. Ons wil vandag lekker ruim gesels oor die Woord van God. Veral in die lig van die wekroep van die Reformasie: "Sola Scriptura". Alleen die Heilige Skrif.

Duration:00:51:24

Bybelse Christenskap: As wêreldbeskouing

8/20/2019
More
In hierdie episode gesels ons oor Bybelse Christenskap as 'n wêreldbeskouing. Wat is 'n wêreldbeskouing en hoe lyk 'n Bybelse wêreldbeskouing? Ons kyk ook na praktiese riglyne wat ons kan help om 'n Bybelse wêreldbeskouing te vorm.

Duration:00:55:54

Bybelse Christenskap

8/13/2019
More
Ons leef in 'n wêreld waarin daar soveel verskillende stemme opgaan oor wat dit beteken om 'n Christen te wees. Bv. 72% Persent van Suid Afrika se inwoners noem hulself "Christene" Daarom kyk ons in hierdie episode na wat dit beteken om 'n ware Bybelse Christen te wees - en hoe die lewe van so 'n persoon lyk.

Duration:00:41:47

Luisteraarsvrae: Tatoeëring en Orgaanskenking

8/6/2019
More
In hierdie episode beantwoord ons twee luisteraarsvrae vanuit die Skrif. Die eerste vraag het te make met tatoes/ "piercings", terwyl die tweede een oor orgaanskenking gaan.

Duration:00:47:33

Perspektief: Julie 2019

8/1/2019
More
In hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Julie-maand vanuit 'n Bybelse perspektief. Die fokus van hierdie maand se episode is:

Duration:00:54:41

Luisteraarsvrae: Valse Profete en Game of Thrones

7/23/2019
More
In hierdie episode beantwoord ons twee luisteraars se vrae: Mag 'n mens na goeie goed van valse leeraars luister? Game of Thrones - behoort Christene na hierdie soort stories te kyk?

Duration:00:41:53

Uitbranding

7/16/2019
More
Ons gesels in hierdie episode oor uitbranding. Uitbranding is 'n Chroniese- en werkverwante stres. Dit lei dan dikwels tot 'n gevoel van doelloosheid. Uitbranding kom vandag al hoe meer voor weens die hoë druk waaronder ons verkeer.

Duration:00:42:37