pixel
WAT Met Willim Welsyn-logo

WAT Met Willim Welsyn

16 Favorites

More Information

Location:

Cape Town, South Africa

Language:

Afrikaans


Episodes

Episode 122. - Tertius Kapp

8/17/2017
More
Tertius Kapp is ’n digter, regisseur, dramaturg en bekroonde draaiboekskrywer. In 2015 is die Hertzogprys vir Drama aan hom toegeken vir sy toneelstukke ‘Rooiland’ en ‘Oorsee’. In 2016 wen hy ook ’n SAFTA vir sy draaiboek vir die film ‘Dis Ek Anna’. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy en Haddad Viljoen se nuutste kortfilm ‘Ek Het Jou Gemaak’ wat die 24ste Augustus debuteer by die kykNET Silverskermfees, wat hy alles by Prof Marlene van Niekerk geleer het, sy dae by MK89 en sy...

Duration: 01:15:50


Episode 121. - Sondagaand

8/13/2017
More
Willim vertel jou al sy week se spookstories en lees vir jou ook ‘n brief. Onthou om asb vir sy musiekvideo te stem deur “MVP Willim Welsyn” te SMS na 40800. Hy kan nog ‘n video wen en jy kan ‘n CD-hamper by KYKNET NOU! wen.

Duration: 00:30:25


Episode 120. - Chris Danger ThunderVolt

8/3/2017
More
Chris Danger ThunderVolt is die bassist in Black Cat Bones, die guitarist in Boargazm en die tweede jongste van die vier legendariese Van Der Walt-broers van Wolmer in Pretoria. Heine van der Walt is die jongste en was mos ook onlangs op die show. Willim en Chris kry mekaar by die Dennis-brothers se huis, The Château Liz-záurd, waar hulle praat oor math-metal, musical patterns, Chris se film en jazz opleiding en hoe om uit te nerd op music. Hulle gesels ook oor The Black Cat Bones se 10de...

Duration: 01:22:53


Episode 119. - Danie Du Toit van Spoegwolf

7/27/2017
More
Danie du Toit is die hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer van Spoegwolf, ’n Stellenbosch-based band met hulle wortels diep geanker in die oksels van die Paarl. Danie kom kuier in die garage om te gesels oor hulle nuwe album Die Donker Toring, sy kinderdae op die Paarl, sy eerste band Ysterkoei wat destyds Rockspaaider gewen het en hoe sy ouers vir hom en sy broer Moskou ondersteun het om musiek te maak. Hy gesels ook oor hoe sy ma Tertia Du Toit, ’n bekende kunstenaar, Spoegwolf se...

Duration: 01:37:52


Episode 118. - Michelle Nolte - Dorpstraat Revisited (Deel 4)

7/20/2017
More
Michelle Nolte was die vierde en laaste eienaar van die legendariese Dorpstraat Teater op Stellenbosch. In hierdie laaste hoofstuk van die Dorpstraat Revisited reeks vertel Michelle hoe dit was om groot te raak met Valiant Swart as ouer boetie, hoe sy by die bank en toe by ’n wynplaas gewerk het en toe eventueel saam met Anita (Bredenkamp) Cilliers die Teater oorgeneem het by Rohan en Eldré Strydom. (Bestel gerus my nuwe album BLITZKRIEK by williamwelfare@gmail.com of kry hom op iTunes.)

Duration: 01:27:32


Episode 117. - Bootlegs Met Bruce Springsteen, Hannes Coetzee en Andra

7/12/2017
More
Gerhard Grobler kom kuier in die garage en hy en Willim gaan krap bietjie in die archives en kom op recordings af wat Willim gemaak het in sy dae by Rolling Stone van ‘n Bruce Springsteen soundcheck, ‘n live performance van Andra by Mozambique en ‘n twee ander bootlegs van oom Hannes Coetzee, die teaspoon-slide guitarist van Herbertsdale. Willim lees ook ‘n paar briewe van luisteraars.

Duration: 00:50:54


Episode 116. - Ruan Stix Fourie

7/5/2017
More
Ruan Stix Fourie is die main-man agter die skerms by gevaaalik.com, ’n Afrikaanse entertainment blog wat al meer as sewe jaar die ding doen. Ruan is ook ’n podcaster en dus moes hy en Willim oor dié formaat gesels, hoe om jou audience te service en suksesvol jou online jol vol te hou sodat brands, bands en ander mense jou verewig kan onthou.

Duration: 01:24:15


Episode 115. - Herman Kleinhans

6/30/2017
More
Herman Kleinhans is ‘n liedjieskrywer en sanger van Stellenbosch. Hy het in Mei 2015 KykNET se AfriVisie gewen met sy lied “Ek Sweer”. Hy is ook ‘n lid van TWEE - die ander lid is Maria Rademan. Herman het ‘n nuwe album uit, Kamer 4. Hy’t kom kuier in die garage vir ‘n passievolle gesprek oor laerskool-rugby, hoe en waar sy musiekloopbaan begin het, die inner workings van die musiekbedryf en hoe hy eenkeer in London 2000£ gekry het by ‘n tabloid koerant. Dit alles en nog vele meer. Baie kiff...

Duration: 01:24:24


Episode 114. - Blitzkriek Met Jo Ellis

6/22/2017
More
Willim gesels met sy vriend en producer Jo Ellis oor Willim se nuwe album BLITZKRIEK, self-promotion, hoe hulle die album gemaak het en wat se amps en tegnieke hulle gebruik het. Willim speel ook ‘n paar snippets van die songs. BLITZKRIEK CD’s is nou by Willim beskikbaar, stuur gerus ‘n epos na williamwelfare@gmail.com om ene te bestel.

Duration: 01:10:49


Episode 113. - Chris Kreef

6/15/2017
More
Toe Willim vir Chris Kreef van die bekende Kreefhotel onmoet het in 2007 by Akkedis se huis, The Château Liz-záurd, was Chris ’n grootkop by Pick Pay en nou tienjaar later gesels hulle vir die eerste keer waar alles begin het. Van sy eerste bike-bende, die weermag se begrafnisband, die restaurantbedryf, die snakes and ladders van die corporate wêreld tot by die Kreefhotel, Die Saronsberg De Kreeft Stamkafee Teater in Tulbagh en terug. Strap yourself in for one hell of journey! Geborg...

Duration: 01:50:37


Episode 112. - B-Sides: Willim en Gurtch Tel Briewe Op Onder ‘n Brug

6/8/2017
More
Willim en Gurtch vind ou briewe van regte-egte mense onder ‘n brug en lees hulle vir jou.

Duration: 01:06:32


Episode 111. - Rouleaux van der Merwe | Permanent Record

6/1/2017
More
Rouleaux van der Merwe is die platebaas van PermanentRecord.co.za, probably die slickste, kiffste, independent online vinyl shop in Suid-Afrika. Rouleaux kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe David Kramer sy musical awaking op ’n jong ouderdom aan die brand gesteek het, sy vriendskap met Wentzel van der Gryp van Roastin’ Records, die dae toe hy saam met Willem Samual in Stellenbosch gewoon het en hoe hy graag wil hê dat almal Metode en Tegniek se...

Duration: 01:29:56


Episode 110. - Bill Knight

5/25/2017
More
Singer-songwriter Bill Knight once remarked that he wrote “songs for the Fallen, the battered, the bruised, but somehow hopeful.” The Capetonian troubadour takes Willim on a journey from Botswana to Durbanville to Rondebosch and back to the Barleycorn Music Club. He talks about his relationships with Rita and Richard Tait (Alma Café), Carl Raubenheimer, Roger Lucey and how he hanged with James Phillips in the 80s. They also talk about most of his albums, his new band Scarecrows In A Field,...

Duration: 01:30:10


Episode 108. - Bittereinder

5/12/2017
More
Willim gaan grawe bietjie in die archives en speel vir jou ‘n interview wat hy met die rap-groep Bittereinder gedoen het by die STRAB festival in Mozambique, 2013. Sit back and relax en luister gerus na die stories van Louis Minnaar, Peach van Pletzen en Jaco van der Merwe.

Duration: 01:06:59


Episode 107. - Dagrit Met Valiant Swart

5/4/2017
More
In die kar, oppad na die Sticks & Stones Festival by Bushwacked in Vioolsdrift, stop Willim ’n mikrofoon in co-pilot Valiant Swart se hand en vertel hy vir ons ’n paar pragtige behind-the-scenes toerstories.

Duration: 00:41:58


Episode 106. - Vetman van der Naam

4/27/2017
More
Vetman Van Der Naam is ’n fotograaf en ’n graphic designer. In die dag werk hy by die Foschini Group as ’n graphic en fashion designer en in die aande neem hy fotos, meestal van bands. Vetman het eintlik kom stickers haal en toe besluit ons om sommer ook oor die craft van fotografie en design te gesels.

Duration: 01:22:25


Episode 105. - Schalk Joubert

4/20/2017
More
Die baskitaarspeler Schalk Joubert is een van Suid-Afrika se mees gesoute en veelsydige live en studio musikante. Hy’s ook ’n producer en ’n vervaardiger en het al op meer albums en feeste gespeel as wat die average listener probably geluister of bygewoon het. Schalk kom kuier in die garage en gesels oor sy musikale en vriendskaplike collaborations met, onder andere, Valiant Swart, Koos Kombuis, David Kramer en Gert Vlok Nel. Hy’t selfs al vir Bob Dylan ge-open en ’n kak jam session saam...

Duration: 01:44:41


Episode 104. - Johnny de Ridder

4/13/2017
More
Johnny de Ridder is die lead guitarist van Fokofpolisiekar en ook ’n studio owner, producer en engineer by Soft Light City saam met Jax Panik. Johnny kom kuier in die garage om te gesels oor Fokofpolisiekar se suksesvolle crowdfunding campaign, die hype rondom die band se upcoming album en sy en Hunter Kennedy se songwriting verhouding. Ons gesels ook social media, guitar-styles en audio engineering.

Duration: 01:23:14


Episode 103. - Erns Grundling

4/6/2017
More
Erns Grundling is ’n TV-aanbieder (Via Weg! Agterpaaie), radio-omroeper (Bush Radio The Unhappy Hour) en veelbekroonde reisjoernalis by die uiters gewilde Weg!-tydskrif. Hy het voorheen ook by LitNet, Insig en Huisgenoot gewerk. Erns kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuwe boek wat pas die lig gesien het: Elders – My 1025km te voet langs die Camino, en hoe die boek nie die boere-weergawe van Eat, Pray, Love is nie. Willim vra hom ook heavy uit oor sy dae by LitNet, Huisgenoot en...

Duration: 01:50:07


Episode 102. - Jean Tunes Marais

3/30/2017
More
Jean Tunes Marais is die man agter die drums in Dragoons, Jakobyn, Chris Ross en deesdae ook sommer in Die Wasgoedlyn ook. Jean kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe dit was om groot te word op Worcerster in ’n skool vir blindes, hoe hy begin music maak het saam met sy broer en hoe hy vandag ’n suksevolle rehearsal studio (Tunes Studio) op Stellenbosch run. Hulle gesels ook oor al die bands en projekte waarby hy betrokke was en die waarmee hy tans besig is.

Duration: 01:58:39

See More