AudreyStories-logo

AudreyStories

Arts & Culture Podcasts >

Audrey tells stories in Afrikaans and English about weird and intriguing places. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Romania, Serbia, Bosnia, Peru, China, India, Burma and more. These are all true stories about places tourists do not often go. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 40 countries.

Audrey tells stories in Afrikaans and English about weird and intriguing places. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Romania, Serbia, Bosnia, Peru, China, India, Burma and more. These are all true stories about places tourists do not often go. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 40 countries.
More Information

Location:

Canada

Description:

Audrey tells stories in Afrikaans and English about weird and intriguing places. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Romania, Serbia, Bosnia, Peru, China, India, Burma and more. These are all true stories about places tourists do not often go. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 40 countries.

Language:

Afrikaans

Contact:

7788398385


Episodes

Kanada Immigrasie 24. LAERSKOOL Deel 2. Liberale Land: Hoe lyk 'n gewone dag in 'n laerskool?

11/13/2019
More
LAERSKOOL (Deel 2). Wat is anders hier? Waaraan moe ouers aandag gee. Doen meer gewone wiskunde met jou kind. Onderrig in Laerskole in Kanada is goed, maar heel heel anders. Waaraan moet jy dink? Gevare?

Duration:00:09:26

Kanada Immigrasie 23. LAERSKOOL (Deel 1) Opset en algemene inligting.

11/12/2019
More
Laerskole (1). Algemene wenke. Wat is jou rol? Daar is bv. 'n Gr 2/3 "split" waar graad 2's en 3's 'n juffrou deel. Dit was vir my sleg, maar dis 'n gewoonte in Kanada. Daar is baie laerskole, elkeen met MIN kinders in. Die wet sê daar moet 'n laerskool naby genoeg wees dat kinders kan stap.

Duration:00:10:40

Kanada Immigrasie 20. KLEIN DORPIES. Deel 1. Moenie na 'n piepklein plekkie toe trek nie.

11/10/2019
More
Episode 20. Klein dorpies - Deel 1. Moenie in 'n piepklein dorpie in Kanada kom werk en woon nie. Dis te swaar. Heel noord in Kanada is nag. Wat dink ek is verkeerd aan 'n klein plekkie in Kanada? Hoekom is klein dorpies hier so moeilik vir Suid-Afrikaners? En dit gaan oor baie meer as die koue.

Duration:00:08:38

Kanada Immigrasie 21.KLEIN DORPIES. Deel 2. Wat's fout daar?

11/10/2019
More
Episode 21. KLEIN DORPIES -- Deel 2. Ek wens ek kon net mooi goed oor Kanada skryf. As ek dadelik uit SA hier naby Vancouver kom woon het, sou ek nie hierdie dele oor klein dorpies geskryf het nie. Maar my "tyd in koue klein-dorp-Kanada dwing my om vandag braaf genoeg te wees en jou te waarsku. Dis te swaar. Probeer ander werk kry -- of maak nou al plan om na 4 jaar weg te trek daar. Jou kinders gaan buitendien daar wegtrek. Maak sommer nou al Plan B.

Duration:00:10:04

Kanada Immigrasie 19. SNEEU. Mooi? Nee. Aaklig. Goor. 'n Pyn

11/9/2019
More
Sneeu is net mooi op bergpieke, Kerskaartjies, foto's en op 'n ski-hill as jy self ski. Die waarheid oor sneeu, vir mense uit warm lande. Sneeu word vuil van die sand en klip wat die sneeuploeg strooi oor strate. Selfs die Kanadese haat sneeu, omdat mooi sneeu gou-gou harde ys word en dan oral vassit vir maande en maande. Dis werk. Klein dorpies word afgesny van die wêreld. Bergepasse raak onbegaanbaar. Die sagte stilte na vars sneeu is te wonderlik. Maar vir die res is dit goor. In die...

Duration:00:09:45

Kanada Immigrasie 17. SWOT: Universiteits-kursus uit SA. Athabasca University in Kanada.

11/8/2019
More
Episode 17. SWOT terwyl jy wag by 'n aanlyn-universiteit in Kanada. ATHABASCA University. Ek het al 7 kursusse by hulle gedoen. Goeie nuus: Jy moet net 16 wees, kort nie eers Graad 12 nie. Dis net DUUR want jy is 'n Buitelandse Student. Maar, die duur kursus gaan jou baie help. Jy kry vir 1 vak 3 krediete. Jy het 6 maande om dit voltooi. As jy sien die vak is te swaar, dan STAAK jy binne 2 weke, en kry jou geld terug (of 'n krediet vir 'n ander vak).

Duration:00:09:56

Kanada Immigrasie 18. CRAIGS-LIST Vancouver. Jou handboek oor werk/geleenthede/verniet goed.

11/8/2019
More
Eopisode 18. CraigsList Vancouver (dis nou jou HANDBOEK oor Kanada) gee vir jou die wonderlikste info oor 'alles Kanada". Dis waar mense WERK adverteer (maklike en vreemde werke). Alle soorte. Jy gaan leer wat in aanvraag is, en hoeveel hulle jou sou betaal. Doen die "search" oor die hele Lower Mainland gedeelte, want jy kan dan kyk wat alles in al 7 stede hier gebeur. Mense vra hier dat jy verniet vir hulle kom werk. Dit het waarde. Ek praat oor wat om te kies, as jy eers hier woon. Dan is...

Duration:00:07:51

Kanada Immigrasie 16. PRIVAATHEID. Wette in Kanada. (Privaatheidswette is 'n pyn hier.)

11/7/2019
More
Privaatheidswette is 'n pyn hier -- maar 'n harde werkliheid. In Kanada is elke mens 'n individu. Getroud? Maak nie saak nie. As die selfoon-rekening op jou man se naam is, mag jy niks vrae vra nie. Wat om van die begin af te doen om dit makliker te maak. Daar is maniere. Maar die wette in Kanada is "written in stone". Vas.

Duration:00:09:13

Kanada Immigrasie 13. Bring saam: Selfone. Medisyne. Kredietkaart.

11/7/2019
More
SELFOON. MEDISYNE. KREDIETKAAT? Bring saam. Selfone: Bring almal se selfone saam, "unlock" hulle en sorg dat jy hier 'n nuwe Sim-kaart kan insit. Gebruik dit die eerste paar dae net vir Internet-konneksies, sodat jy kan WhatsApp en Facebook. Gratis. Koop dan 'n pay-as-you-go kaart voor jy 'n 2-jaar kontrak teken. Medisyne: Ek maak voorstelle van wat ek dink sal help om saam te bring vir die eerste paar weke. Kredietlkaart. Bring jou SA kredietkaart of Krediet/Debiet kaart. Laai geld op. Dit...

Duration:00:08:32

Kanada Immigrasie 14. PROKUREUR in Kanada. Kry een.

11/7/2019
More
Episode 14. Ek dink dis deesdae 'n goeie plan om 'n prokureur te kry. Hulle is heel gereeld goedkoper as "agentsakppe". Derduisende mense doen aansoek om Kanada toe te trek: uit honderde lande. Daar is nou 36 maniere om te kwalifiseer vir immigrasie. Party is net geldig op die platteland. Ander net in sekere provinsies. Jy kort 'n kenner op die gebied van immigrasie-wette. Ek gee die name van 3 prokureurs. Ek is so bang iemand kroek jou. Kry regshulp. As iets verkeerd gaan hier direk na jy...

Duration:00:08:08

Kanada Immigrasie 15. DIE POLISIE. Wie doen wat? Bel 911?

11/7/2019
More
DIE POLISIE se rol in Kanada. Wanneer bel jy 911? Werk dit goed? Kanada is so ordelik omdat die polisie so effektief is. Wie doen wat? Iemand het jou gekroek met immigrasie terwyl jy nog in SA is. Wat nou?

Duration:00:09:41

Kanada Immigrasie 12. Nuwe Kultuur. Thanksgiving-kalkoene. Pajama-dag in Skole. Halloween se verniet swiets

11/2/2019
More
Nuwe Kanadese kultuur/tradisies het sy pret en sy uitdagings. Aan die begin het ek vir als "nee" geroep, bloot omdat dit volksvreemd is. Ek het die 1e jaar nie Thanksgiving (in Oktober) gehou met 'n Kalkoen-ete nie -- omdat ek nie geweet het waarvoor Kanadese "thanks" nie, en ook omdat ek nog nooit kalkoen gaar gemaak het nie (ai). Die dorp se mense het toe my kinders genooi vir die ete -- toe sit ek en my man soos kiepies by die huis met toebroodjies! My kinders sê eendag hulle moet met...

Duration:00:09:53

Kanada Immigrasie 10. Klere in KOUE Kanada. Wat koop jy eerste?

10/31/2019
More
Episode 10. Jy staan en sweet in SA met sandale, 'n kort broek en t-shirt. Jy trek Desember Kanada toe. Jy en die kinders kort warm klere! Jy moet dit in Kanada koop -- want dit sal goedkoper wees en beter kwaliteit. Mens kort nie juis warm WATERDIGTE klere in SA nie. So, wat koop jy eerste en waarna moet jy kyk? SKOENE. Goeie skoene en hulle kan baie baie lelik wees. Jy gaan vir hulle lief word. "Waterproof" en warm tot -40 grade. Jip.

Duration:00:08:31

Kanada Immigrasie 11. HUIS KOOP. Of huis huur in Kanada. Waaraan om te dink.

10/31/2019
More
Episode 11. Jy wil huis koop. Waarna moet jy kyk? Die huis moet SUID kyk. So kry jy in die wintermaande son wat in jou huis inskyn en die huis warm maak. Dit spaar verhittings-koste en dis vrolik en lig. Dan moet jy kyk hoe die huis verhit word, of die dak nie dalk lek nie. Kort jy houtvloere? Matte? Hoe word die huis verhit. En hoekom is Oos nie Oos in Kanada nie? Die son skuif? Hoe? Hoekom is dit belangrik?

Duration:00:09:57

Bosnië 3. Moeilikheid in Sarajewo. Ek maak 'Kultuur' foute en mense gil op my. Swaar-reis tye.

10/31/2019
More
Episaode 3. As ek so na my eie stories luister, klink dit of ek op 'n Pienk-Wolkie deur Bosnië gefladder het. Nee! Die plek is 'n konstante paradoks en het my so deurmekaar gemaak. Een oomblik kuier ek by 'n towenaar, volgende oomblik gil iemand op my. Ek was in die moelikheid in Sarajewo. Sommer op die eerste dag al toe 'n man my naby my woonstel sommer uit die pad gestamp het. In 'n winkel het 'n ander man my uitgejaag (hy't geskreeu). Dan drink ek gou baie water, huil gou effens en sit...

Duration:00:09:36

Bosnië 2. Die Towernaar van Sarajewo.

10/30/2019
More
Episode 2. Daar was 'n donderstorm in Sarajewo. Ek het by 'n Towenaar beland. Per ongeluk, genadiglik, of noodwendig.By die lawwe afdak wat as effense reënskerm moes dien, is daar ʼn klein winkeltjie wat lyk soos ʼn kombinasie van Liewe Heksie en Harry Potter. Dis kinderlik laf met vrolike kleure. Ek besluit dat die besonderse plek seker aan ʼn towenaar behoort. ʼn Marionet sit bo-op die deur se poort. Ek druk my neus teen die venster om beter binnetoe te kan sien. Binne sit daar ʼn man wat verf...

Duration:00:13:05

Bosnië 1. Sarajewo. Somer-Sonstilstand-Dag 2010. "Sy naam is ZLATCO."

10/28/2019
More
Episode 1. Ek het op Somersonstilstand dag, 21 Junie 2010, in Sarajewo aangekom met 'n vliegtuig. Ek was alleen op reis in Oos-Europa. Na Serwië en Hongarye, is ek Bosnië toe.Ek stap agter ʼn streep dorpsmense aan wat kortpad vat deur ʼn veldjie om by die trem se opklimplek te kom. Daar is modderpoele en ʼn smal kronkelpad deur dik gras. Ek sleep ʼn tas en dra ʼn swaar rugsak en ons loop een-een agter mekaar aan. Die paadjie eindig teen ʼn wal waar ek hande-viervoet moet opklim. My tas gly. Die...

Duration:00:12:53

Kanada Immigrasie 9. Koebaai my kind. Koebaai Mamma en Pappa.

10/25/2019
More
Ek wil eintlik glad nie hieroor praat nie. Maar KOEBAAI word 'n massiewe Olifant in die kamer en hy sit en loer as julle braaivleis hou. Die Olifant dra 'n wit en rooi Kanada vlag. Iewers, weet almal, gaan die dag kom waar mens moet sê: "Koebaai." Ek het paar keer 'n traantjie gaan stort toe ek hierdie stuk moes skryf. Koebaai is "the saddest song."

Duration:00:06:56

Sirië 1. Ek werk in Sirië en leer Arabies-sprekende tieners Engels praat.

10/25/2019
More
Ek hou skool vir vlugtelinge uit Sirië. Ek was gister weer in Sirië -- ek ry sommer soontoe met my kar. Ek hoef nie soontoe te vlieg nie, want Sirië het Kanada toe gekom, en ek moet die tieners iets leer. Iemand vra die week hoekom ek sulke "weird" Arabiese Facebook vriende het. Hulle is tieners uit vlugtelings-kampe van oor die hele wêreld. Ek is hulle "oog" Weste toe. Om vir kinders, wat 5-7 jaar glad nie skool gegaan het nie, Engels te probeer leer in 'n klas? Haha. Drama in Drievoud....

Duration:00:09:46

Mexico 1. Bergdorpie waar stories begin: "Katerina se Simfonie" se oorsprong in San Sebastian del Oeste, Mexico

10/22/2019
More
"Katerina se Simfonie". Ek was op my eie in Mexico en wou gaan kyk hoe 'n baie klein dorpie hoog hoog in die berge lyk -- een van daai plekke waar toeriste nie kom nie. Dis 'n silwermyn dorpie en die hotel se skoonmaker het my soontoe geneem en daar gelos. Ek het dadelik 'n brakkie gekry wat my die dorp gewys het, en ek het hom Hond genoem. Ek en Hond is heel eerste rivier toe, waar vrouens oranje tafeldoeke gewas het. Hond het geswen. Daarna is ons na die blou Katolieke kerk toe, waar...

Duration:00:10:30