Kosmos 94.1-logo

Kosmos 94.1

34 Favorites

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader,...

Location:

United States

Description:

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. The music spectrum of Kosmos 94.1 ranges from hits of the 70's, straight through to current hits.

Language:

English

Episodes
Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

VN het sy byt verloor, sê Ramaphosa

4/19/2026
President Cyril Ramaphosa het wêreldleiers versoek om die Verenigde Nasies te herstel tot sy posisie as die middelpunt van internasionale betrekkinge. Ramaphosa het by die Globale Progressiewe Mobiliseringsitting in Barcelona, ​​Spanje gesê wêreldleiers moet vrede bevorder deur dialoog en diplomasie, deur die konsekwente toepassing van internasionale reg en die nakoming van die beginsels van die VN-handves:

Duración:00:00:15

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Die nuus om 13:00

4/19/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duración:00:02:28

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Die nuus om 12:00

4/19/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duración:00:02:30

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Kreefkwotas in omstredenheid gedompel

4/19/2026
Die GOOD-party vra die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, om 'n onmiddellike herevaluering en 'n tydelike staking van nywerheids-uitbreiding aan die Weskus voorop te stel. Kaden Arguile van GOOD sê amptelike kreefkwotas is vertraag, verkeerd bereken en onbetwisbaar gelaat, wat 'n reuse-verlies aan inkomste vir die gemeenskap tot gevolg het. Hy sê hulle kan nie toekyk hoe 'n bedryf oor geslagte heen en die kultuur agterweë gelaat word nie:

Duración:00:00:16

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Die nuus om 11:00

4/19/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duración:00:02:37

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Polisie-grootkop Mkhwanazi moet uitgeskop word, sê ActionSA

4/19/2026
ActionSA in Ekurhuleni het die inhegtenisneming verwelkom, van die adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, op aanklagte van bedrog, korrupsie en regsverydeling. Die party vra verder ook vir die onmiddellike beëindiging van sy diens by die Stad. ActionSA se woordvoerder, Tumelo Tshabalala, sê die party is dankbaar vir die Madlanga-kommissie se besliste optrede in reaksie op die bewerings en getuienis wat voorgelê is:

Duración:00:00:18

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Die nuus om 10:00

4/19/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duración:00:02:55

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Data-lekkasies styg met 60% in SA

4/19/2026
Die minister van wetenskap, tegnologie en innovering, Blade Nzimande, het die Nasionale Kantoor vir Intellektuele Eiendomsbestuur versoek om die beskerming van intellektuele eiendom te versterk, omdat Suid-Afrika en Afrika steeds reuse-lekkasies ervaar. Suid-Afrika het 'n ongekende toename in data-lekkasies aangeteken. Voorvalle het in die eerste helfte van verlede jaar met 60 persent toegeneem. Die departement se woordvoerder, Veli Mbele, sê die kantoor moet strategiese vennootskappe vorm om die krisis te hanteer:

Duración:00:00:15

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Die nuus om 09:00

4/19/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duración:00:02:57

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Deposit Guarantee Authority besig in 2025

4/19/2026
Die Namibia Deposit Guarantee Authority het hul 2025-verslag vrygestel en het positiewe groei getoon. Verlede jaar het die owerheid deelgeneem aan die nasionale krisissimulasie-oefening, voortgesette streeksbelanghebberbetrokkenheid en gevorderde strategiese vennootskappe deur samewerking met eweknie-instellings. Rakotoka Zaire, hoof-finansiëleontleder van die sentrale bank, het 'n oorsig oor die verslag.

Duración:00:00:40

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Die nuus om 08:00

4/19/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duración:00:02:41

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Ramaphosa: 'Hervorm IMF, Wêreldbank'

4/19/2026
President Cyril Ramaphosa vra vir die hervorming van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank en dat hulle nie net Westerse belange moet verteenwoordig nie. Ramaphosa het die Globale Progressiewe Mobiliseringsitting in Barcelona, ​​Spanje, toegespreek tydens ‘n werksbesoek aan die land. Hy sê die twee instellings moet die skuldlas aanspreek wat baie ontwikkelende ekonomieë terughou, die finansiële argitektuur hervorm en die finansieringsgaping vir ontwikkeling uitwis:

Duración:00:00:19

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Die nuus om 07:00

4/19/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duración:00:02:52

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Onwettige uitsettings onder loep in Wes-Kaap

4/19/2026
Die Wes-Kaapse regering vra belanghebbendes om kommentaar te lewer op die Wysigingswetsontwerp op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings en Besetting van Grond. Dit het ten doel om munisipaliteite, staatsinstellings en privaat eienaars te bemagtig om meer beslissend te reageer op onwettige besettings en uitsettings. Die LUR vir infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê tussen 2019 en 2024 het hulle meer as 'n miljard rand bestee om projekte teen onwettige besetting te beveilig:

Duración:00:00:22

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Die nuu om 13:00

4/18/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duración:00:00:13

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Landbou se tegniese ghoeroes lankal nodig

4/18/2026
Die landbou-organisasie TLU SA het minister van landbou, John Steenhuisen, se besluit verwelkom om 27 eksterne tegniese raadgewers aan te stel. Hulle sal help om tegniese data te na te gaan om te verseker dat alle produkte voldoen aan veiligheids- en gehaltestandaarde soos vereis deur die registrateur van die Wet op Kunsmis, Veevoer, Landboumiddels en Veemiddels. Die woordvoerder Bennie van Zyl sê dit moes lankal gebeur:

Duración:00:00:17

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Die nuus om 12:00

4/18/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duración:00:02:43

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Dieremishandeling: Sit jou voet neer!

4/18/2026
April is die maand om dieremishandeling te beveg – ’n tyd om te besin oor hoe diere behandel word en wat dit oor die samelewing openbaar. Die syfers van die Dierebeskermingsvereniging van Windhoek is skokkend: Van die meer as 4 000 diere wat elke jaar ingeneem word, is 90 persent reeds verwaarloos, verlate, siek of beseer. Kosmos 94.1 Nuus het met DBV direkteur Silke Van der Merwe gepraat oor die mees algemene vorme van mishandeling in troeteldiere.

Duración:00:00:37

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Die nuus om 11:00

4/18/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duración:00:02:33

Pídele al anfitrión que permita compartir el control de reproducción

Strooipos-oproepe se dae in SA getel

4/18/2026
Die Nasionale Verbruikerskommissie het die wysiging van 'n regulasie in die Wet op Verbruikersbeskerming verwelkom om strooipos-oproepe te beperk. Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het dit in die Staatskoerant gepubliseer. Woordvoerder Phetho Ntaba sê die gewysigde regulasies vestig 'n uitsluitings-registerstelsel en bied meganismes vir verbruikers om ongewenste regstreekse bemarking te kanselleer. Sy sê alle regstreekse bemarkers moet registreer om nakoming te verseker:

Duración:00:00:18