Kosmos 94.1-logo

Kosmos 94.1

34 Favorites

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader,...

Location:

United States

Description:

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. The music spectrum of Kosmos 94.1 ranges from hits of the 70's, straight through to current hits.

Language:

English

Episodes
Ask host to enable sharing for playback control

Die nuus om 13:00

4/26/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duration:00:02:50

Ask host to enable sharing for playback control

Meer as 2 000 kuberaanvalle weekliks in SA

4/26/2026
Suid-Afrikaanse organisasies het vroeg hierdie jaar reeds geworstel met meer as 2 100 kuberaanvalle weekliks, 'n toename van 36 persent jaarliks, gedryf deur KI‑gedrewe bedreigings en gyselware. Die regering en finansiële en verbruikersektore is belangrike teikens. Kuberveiligheidsdeskundige en uitvoerende hoof van Clyrofor, Loyiso Boyce, het aan Newzroom Afrika gesê uitvissing bly die hooftoegangspunt vir klein en mediumgrootte ondernemings wat in gevaar is. Hy versoek sterker, KI-gedrewe verdedigingstelsels om die groeiende ingewikkeldheid van kubermisdaad teen te werk:

Duration:00:00:20

Ask host to enable sharing for playback control

Aanlyn regsentrum vir wildbewaring

4/26/2026
Namibië het 'n stap geneem in die rigting van die versterking van wildbewaring met die bekendstelling van 'n nuwe program wat daarop gemik is om die land se wetlike en beleidsraamwerk vir volhoubare wildbestuur te verbeter. Die inisiatief stel 'n aanlyn regsentrum bekend wat gemeenskappe, beleidmakers en belanghebbendes makliker toegang tot kritieke regsinligting sal gee. Die assistent-landsverteenwoordiger van die VN Voedsel- en Landbou-organisasie, Ferdinand Mwapopi, sê die inisiatief sal bewareas in sleutelstreke soos die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied, of Kaza, bemagtig.

Duration:00:00:36

Ask host to enable sharing for playback control

Die nuus om 12:00

4/26/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duration:00:02:53

Ask host to enable sharing for playback control

Die nuus om 11:00

4/26/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duration:00:02:37

Ask host to enable sharing for playback control

Nóg sewe by binnelandse sake in SA afgedank

4/26/2026
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê 'n verdere sewe amptenare is afgedank, wat die totaal sedert Julie 2024 op 63 te staan bring. Die departement het ook 16 nuwe skorsings uitgereik as deel van voortgesette tugstappe in verband met bevindinge deur die Spesiale Ondersoekeenheid. Hy sê 75 van die 95 wangedragsake is afgehandel. Schreiber sê geen korrupsie is aanvaarbaar nie en die teen-korrupsie-optrede herstel integriteit en versterk die aanspreeklikheid in die departement:

Duration:00:00:20

Ask host to enable sharing for playback control

Lamola dring aan op oplossing in Lungu-begrafnisgeskil

4/26/2026
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het die Zambiese regering en voormalige president Edgar Lungu se familie versoek om hul begrafnisgeskil vriendskaplik buite die hof te skik. Die dooiepunt duur al meer as tien maande na Lungu se dood in Pretoria in Junie 2025. Lamola het aan SABC News gesê daar moet deurgaans respek vir die hofbeslissings wees. Hy sê deur bemiddeling kan 'n oplossing bereik word om te verseker dat Lungu sonder versuim begrawe word:

Duration:00:00:20

Ask host to enable sharing for playback control

Die nuus om 10:00

4/26/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duration:00:02:42

Ask host to enable sharing for playback control

Die nuus om 09:00

4/26/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duration:00:02:57

Ask host to enable sharing for playback control

EV-laaistasies moet geregistreer wees

4/26/2026
Stad Windhoek het aangekondig dat die registrasie van laaistasies vir elektriese voertuie nou verpligtend is, om effektiewe lasbestuur te ondersteun en die kwaliteit van voorsiening te handhaaf. Enige laaipunt vir elektriese voertuie wat die 3,7 kilowatt kapasiteit van 'n standaard huishoudelike sok oorskry, moet deur 'n geregistreerde elektriese kontrakteur geregistreer word. Jens Denk van Electric Vehicles Namibia het die inisiatief as 'n positiewe faktor vir die mark verwelkom.

Duration:00:00:37

Ask host to enable sharing for playback control

Die nuus om 08:00

4/26/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duration:00:02:48

Ask host to enable sharing for playback control

Trump na veiligheid gehaas ná skietery by dinee

4/26/2026
President Donald Trump en eerste dame Melania Trump is Saterdagaand inderhaas deur geheime diensagente uit die Withuis-korrespondentevereniging se dinee geneem, ná 'n man met 'n haelgeweer probeer het om die lokaal binne te kom. Die gewapende man het op 'n lid van die geheime diens geskiet wat nie beseer is nie. Die verdagte is 'n 31-jarige man van Los Angeles in Kalifornië. Hy word in 'n nabygeleë hospitaal behandel en is in polisie-aanhouding. Die geleentheid is deur 2 600 mense bygewoon en uiteindelik gekanselleer.

Duration:00:00:24

Ask host to enable sharing for playback control

Die nuus om 07:00

4/26/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duration:00:02:52

Ask host to enable sharing for playback control

Kenner gee raad oor boskos

4/26/2026
Die winter kruip nader en aandag verskuif na boskos en die rol daarvan om diere gesond te hou. Boere en bewaringsbewustes dink aan hoe die winter wild en vee beïnvloed, en of natuurlike voedselbronne genoeg is om hulle deur die koue maande te help. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Dagmar Honsbein, 'n spesialis in die hout- en houtskoolbedryf gesels, wat raad gee vir boere oor hoe om voor te berei.

Duration:00:00:36

Ask host to enable sharing for playback control

Die nuus om 13:00

4/25/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duration:00:02:52

Ask host to enable sharing for playback control

Eerste Savanna-vleis op pad na Europese tafels

4/25/2026
Savanna Beef se eerste uitbesending van 24 ton bevrore beesvleis het Vrydagaand uit die Walvisbaaise hawe na Rotterdam vertrek. Dit volg ná die groep onlangs sy uitvoersertifisering na die Verenigde Koninkryk, Europese Unie en Europese Vryhandelsvereniging-markte bekom het en verslagting vir uitvoere sowat twee weke gelede begin het. Romé Mostert, medestigter van Cirrus, het met Kosmos 94.1 gesels:

Duration:00:00:28

Ask host to enable sharing for playback control

Die nuus om 13:00

4/25/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duration:00:03:14

Ask host to enable sharing for playback control

Brandstofkrisis bedreig lugvaart in SAOG

4/25/2026
Die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika het ernstige kommer uitgespreek oor 'n groeiende stralerbrandstofkrisis wat lugreise regoor die SAOG-streek bedreig, met kritiese onsekerheid oor voorrade na Mei vanjaar. Die krisis spruit uit die konflik tussen die VSA, Israel en Iran, wat Golf-verskepings ontwrig het en stralerbrandstofpryse die hoogte laat inskiet het. Dit het gestyg van ongeveer 8 Namibiese dollar 50 sent per liter in middel Februarie tot meer as 30 dollar per liter teen middel April, met pryse in binnelandse nasies soos Malawi wat 50 dollar per liter oorskry. Linden Birns, lugvaartontleder van Plane Talking, verduidelik die situasie aan die Kosmos 94.1 Nuus.

Duration:00:00:41

Ask host to enable sharing for playback control

Die nuus om 11:00

4/25/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.

Duration:00:02:40

Ask host to enable sharing for playback control

G'n genade vir xenofobiese aanvallers in SA, sê polisieministerie

4/25/2026
Die ministerie van polisie het onlangse xenofobiese aanvalle en intimidasie van Ghanese en ander buitelandse burgers in Suid-Afrika, sterk veroordeel. Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê die dade is onwettig en druis in teen die land se grondwetlike waardes van waardigheid en menseregte. Die woordvoerder van die ministerie, Kamogelo Mogotsi, sê die polisie het opdrag gekry om beslissend op te tree, en diegene wat verantwoordelik is sal in hegtenis geneem en vervolg word:

Duration:00:00:18