Location:
United States
Description:
Ons is radio. Radio Tygerberg 104FM is ’n Christen Gemeenskapsradiostasie wat in 1993 teen die Tygerberg geplant is en gegroei het tot die grootste en mees suksesvolle gemeenskapsradiostasie in die Wes-Kaap. Met ‘n luistertal van meer as 450 000 mense is Radio Tygerberg 104FM ook die grootste Christen Gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika.
Language:
English
Episodes
Ek en my kind | Neville en Sura
4/23/2026
“Ek en my kind” is gespreksprogram wat vanuit ‘n onderwysperspektief ouerleiding bied ten opsigte van kinderontwikkeling en kindersorg. Dit gee ouers perspektief oor Onderwyssake en brandpunte wat impak kan hê op hul rol en verantwoordelikheid ten opsigte van hul kind se welstand in die klaskamer en op die speelgrond. Sake binne openbare gewone en spesiale onderwys waaroor ouers en die breë publiek moet van kennis dra. Die program fokus essensieël op onderwysondersteuning om ouers as vennoot tot onderwys te bemagtig. “Ek en my kind” het ten doel om die verhouding tussen ouer en kind tot die regmatige verwantskap te herstel.
Duration:00:20:10
ROU & REAL | Anja Taljaard
4/23/2026
Nuwe Liftklub omroeper, Anja Taljaard, vertel haar storie
Duration:00:09:05
Boekrak met Ingrid Venter
4/22/2026
Alles en nog wat oor die jongste boeke op die rak soos ontvang van die voorste Boekuitgewers. Die boeke waaroor gesels word, dek 'n wye verskeidenheid genres en bied iets vir elke smaak. Die program word aangebied deur Ingrid Venter, vooraf opgeneem en uitgesaai op 'n Donderdag om 11h10.
Duration:00:08:47
FINFIKS - Episode 12
4/21/2026
Op Finfiks gesels die Real Brekfis met professionele finansiële beplanners van Octofin & Futura SA wat praktiese raad gee oor hoe om jou geld slim te bestuur. Van skuld en spaar tot beleggings en aftreebeplanning – hier kry jy antwoorde, insig en wenke om jou finansies fiks te kry en te hou!
Duration:00:07:07
Die Real Brêkfis span kuier vandag saam met Heinrich Gabler
4/21/2026
Heinrich Gabler, baie ken hom as ’n motiveringspreker, ’n voormalige sportman en die man wat in 2019 gekroon is as Mr South Africa 2019 en entrepreneur. Die Real Brekfis span gesels met hom oor sy pad van kinderhuis tot Mnr. SA
Duration:00:13:51
Lorriaan du Plessis - DEUTERONOMIUM 5:33
4/21/2026
Bly op die koers wat die Here julle God julle beveel het om te volg. Dan sal julle lank en voorspoedig lewe in die land wat julle nou in besit gaan neem. DEUTERONOMIUM 5:33 NLV
Duration:00:02:12
Kenneth Woodward - JAKOBUS 1:22
4/20/2026
Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself. JAKOBUS 1:22 NLV
Duration:00:02:16
OGGENDBOODSKAP - JOHNNY DAVIDS MMC 2026
4/19/2026
Word geïnspireer deur Tygerberg 104fm se daaglikse boodskappe, aangebied deur verskeie predikers van verskillende denominasies. Die Aandboodskap word elke aand, van Maandag tot Donderdag, en op Sondagaande om 19:30, en die Sondagoggend boodskap om 10:00 uitgesaai op Tygerberg 104fm.
Duration:00:25:14
Draaipunt | Wayne
4/17/2026
Draaipunt is 'n getuienisprogram en word aangebied deur Liomee Vosloo. Die program word op Vrydagaande om 21h00 uitgesaai, met ‘n herhaling op Sondae om 17h30. Mense deel hul ervarings en hoe dit 'n draaipunt in hul lewens en hul verhouding met God teweeg gebring het.
Duration:00:12:29
Gee200-projek (Waaroor gaan dit?)
4/17/2026
Gee jou bydrae hier: https://www.104fm.co.za/gee-veldtog/
As gelowiges weet ons dat daar ’n verantwoordelikheid is om na die weerloses om te sien—veral kinders. En tog is daar tans kinderhuise in die Wes-Kaap wat regtig swaarkry. Soveel so dat kinders saans gaan slaap met minder as wat hulle nodig het en onseker is of daar môre kos gaan wees nie.
Radio Tygerberg het besluit om iets daaraan te doen—maar dit kan nie alleen gebeur nie.
Met die Gee200-projek is die doel om 2000 weerlose kinders hierdie winter te help met kos en klere.
Dankie dat daar saamgestaan word om hoop te bring waar dit die nodigste is. Saam kan ’n verskil gemaak word.
Duration:00:01:07
Gee projek_Waaroor dit gaan?

Duration:00:01:08
Ingrid Venter - JESAJA 58:9
4/17/2026
Wanneer jy dan roep om hulp, sal die Here antwoord. Jy sal roep om hulp en Hy sal sê: Hier is Ek! JESAJA 58:9 NLV
Duration:00:01:29
Ek en my kind | Neville en Sura
4/16/2026
“Ek en my kind” is gespreksprogram wat vanuit ‘n onderwysperspektief ouerleiding bied ten opsigte van kinderontwikkeling en kindersorg. Dit gee ouers perspektief oor Onderwyssake en brandpunte wat impak kan hê op hul rol en verantwoordelikheid ten opsigte van hul kind se welstand in die klaskamer en op die speelgrond. Sake binne openbare gewone en spesiale onderwys waaroor ouers en die breë publiek moet van kennis dra. Die program fokus essensieël op onderwysondersteuning om ouers as vennoot tot onderwys te bemagtig. “Ek en my kind” het ten doel om die verhouding tussen ouer en kind tot die regmatige verwantskap te herstel.
Duration:00:21:33
PAST ERNIE DE MEYER - PRAAT MET JOU BERG
4/16/2026
Word geïnspireer deur Tygerberg 104fm se daaglikse boodskappe, aangebied deur verskeie predikers van verskillende denominasies. Die Aandboodskap word elke aand, van Maandag tot Donderdag, en op Sondagaande om 19:30, en die Sondagoggend boodskap om 10:00 uitgesaai op Tygerberg 104fm.
Duration:00:20:46
Huldeblyk | Johnny Davids
4/16/2026
Huldeblyk | Johnny Davids
Mike Potgieter bring hulde aan die sanger, aanbieder, spreker en sportkommentator, Johnny Davids, wat op 16 April 2026 onverwags oorlede is.
Hy was ook verlede ‘n spreker tydens die geskiedkundige Mighty Men Kaapse Vlakte by Athlone Stadion
Duration:00:06:52
Ernie de Meyer - 1 PETRUS 5:10
4/16/2026
In sy genade het God julle geroep om in Christus deel te hê aan sy ewige heerlikheid. Nadat julle ’n kort tydjie swaargekry het, sal Hy julle self weer herstel; Hy sal julle moedig, sterk en standvastig maak. 1 PETRUS 5:10 NLV
Duration:00:02:07
Boekrak met Ingrid Venter
4/15/2026
Alles en nog wat oor die jongste boeke op die rak soos ontvang van die voorste Boekuitgewers. Die boeke waaroor gesels word, dek 'n wye verskeidenheid genres en bied iets vir elke smaak. Die program word aangebied deur Ingrid Venter, vooraf opgeneem en uitgesaai op 'n Donderdag om 11h10.
Duration:00:09:31
GEE-WEEK
4/15/2026
By Radio Tygerberg het ons bewus geraak van weeskinders wat swaarkry weens finansiële druk die weeshuise waar hulle woon. Ons wil ’n verskil maak—maar ons benodig jou hulp! Wanneer jy R200 bydrae vir ons Gee200-projek, help jy om te verseker dat elke weeskind ’n warm bord kos en genoeg klere kry. So gee ons saam ’n glimlag vir weeskinders reg oor die Kaapse Skiereiland.
Jy kan nou reeds ’n bydrae lewer by https://www.104fm.co.za/gee-veldtog/
Duration:00:00:34
Henry Pike - JEREMIA 30:17
4/15/2026
Ek sal julle gesond maak en julle wonde genees,” sê die Here, “omdat julle ’n verstoteling genoem word: Sion, vir wie niemand omgee nie. JEREMIA 30:17 NLV
Duration:00:03:15
DS TROMP - VAS EN GEBED
4/14/2026
Word geïnspireer deur Tygerberg 104fm se daaglikse boodskappe, aangebied deur verskeie predikers van verskillende denominasies. Die Aandboodskap word elke aand, van Maandag tot Donderdag, en op Sondagaande om 19:30, en die Sondagoggend boodskap om 10:00 uitgesaai op Tygerberg 104fm.
Duration:00:26:12