Kosmos 94.1-logo

Kosmos 94.1

34 Favorites

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader,...

Location:

United States

Description:

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. The music spectrum of Kosmos 94.1 ranges from hits of the 70's, straight through to current hits.

Language:

English


Episodes
Ask host to enable sharing for playback control

Op'ie Kantlyn, 24 April 2026

4/24/2026
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.

Duration:00:02:51

Ask host to enable sharing for playback control

Die dag wat was, 24 April 2026

4/24/2026
Kry die nuus soos dit breek.

Duration:00:04:31

Ask host to enable sharing for playback control

Die 18:00 nuus

4/24/2026
Kry die nuus soos dit breek.

Duration:00:03:34

Ask host to enable sharing for playback control

Maak reg vir reën dié naweek

4/24/2026
Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.

Duration:00:00:38

Ask host to enable sharing for playback control

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

4/24/2026
Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat in ruil vir die opheffing van sanksies. Kaja Kallas van die EU sê Iran mag nie 'n kernwapen hê nie:

Duration:00:00:21

Ask host to enable sharing for playback control

Die hoofnuus om 17:00

4/24/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Duration:00:03:46

Ask host to enable sharing for playback control

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

4/24/2026
Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en voorspraak vir etiese en volhoubare jag befonds.

Duration:00:00:23

Ask host to enable sharing for playback control

VN-eis vir slawerny-vergoeding 'raak nie volksmoord-reparasies'

4/24/2026
Politieke ontleder professor Henning Melber sê die onlangse resolusie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat vergoeding vir slawehandel eis, is grootliks simbolies, sonder bindende regsgevolge vir lande wat nie vir die resolusie gestem het nie. Melber sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit ook nie die Namibiese volksmoord reparasie-onderhandelings sal raak nie, en enige betekenisvolle vordering sal afhang van die direkte insluiting van die geaffekteerde gemeenskappe in hierdie proses.

Duration:00:00:40

Ask host to enable sharing for playback control

Sacky vra weer vir staking van Fishrot-verhoor

4/24/2026
Die Fishrot-beskuldigde Sacky Shanghala het die hoërhof weer eens versoek om die verhoor te staak, met die argument dat dit nie kan voortgaan terwyl 'n aansoek om onttrekking van regter Marelize du Plessis onopgelos is nie, insluitend enige moontlike appèl na die Hooggeregshof. Advokaat Ileni Gebhardt, wat Ricardo Gustavo verteenwoordig, voer egter aan dat die hangende appèlaansoek nie outomaties die verrigtinge sonder 'n hofbevel stopsit nie.

Duration:00:00:32

Ask host to enable sharing for playback control

Trump sê hy's g'n onder druk om Iran-oorlog te staak nie

4/24/2026
President Donald Trump van Amerika sê hy is onder geen druk om die oorlog teen Iran vinnig te beëindig nie, ondanks sy oorspronklike vooruitskatting van ses weke. Hy is tevrede om Iran se hawens te versper en ekonomiese skade te berokken sonder om die oorlog te hervat of ʼn ooreenkoms te verhaas. Trump sê ʼn vredesooreenkoms sal slegs volg wanneer dit Amerika, sy bondgenote en die res van die wêreld bevoordeel:

Duration:00:00:19

Ask host to enable sharing for playback control

Die 16:00 nuus

4/24/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Duration:00:03:17

Ask host to enable sharing for playback control

Vereniging juig oor stappe om hofbeamptes te beskerm

4/24/2026
Die Vereniging van Staatsamptenare het die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se standpunt verwelkom om stappe te doen om hofbeamptes teen teistering, dreigende gedrag en intimidasie met behulp van kameras te beskerm wanneer hoëprofielpersone in die hof verskyn. Die vereniging veroordeel enige gedrag van politici, openbare figure of lede van die publiek wat hofbeamptes, aanklaers, landdroste, klerke en ondersteunende personeel in die hof in gevaar stel. Claude Naicker van die vereniging sê hofbeamptes is nie politieke akteurs nie:

Duration:00:00:22

Ask host to enable sharing for playback control

Zim, Botswana gaan paspoortvrye reise instel

4/24/2026
Zimbabwe en Botswana gaan paspoortvrye reise instel wat landsburgers sal toelaat om grense tussen die twee lande met slegs nasionale identiteitsdokumente oor te steek. Die Zimbabwiese president, Emmerson Mnangagwa, sê die gefaseerde plan begin met grensgemeenskappe en korttermynbesoeke om die beweging van mense, goedere en dienste te vergemaklik. President Duma Boko van Botswana sê dit ondersteun streeksintegrasie. Hy vra ook Afrika-eenheid te midde van groot hulpbronne en 'n jeugdige bevolking:

Duration:00:00:20

Ask host to enable sharing for playback control

Nee, koue en sneeu nie op pad na Okahandja

4/24/2026
Dit was net onstabiele atmosfeer wat bo Okahandja was. Dit na die dorp kitsvloede Donderdagnamiddag ervaar het met ‘n wolkbreuk wat nie net stortreën gelewer het nie, maar erge haal. Die swaar reën het omstreeks sesuur namiddag begin en in haelstene ontwikkel. Video’s op sosiale media toon tot 30cm hael wat plek-plek voorgekom het met inwoners wat tot 100mm reën ontvang het. Die onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema verduidelik dat dit nie 'n teken inkomende koue weer in die dorp was nie.

Duration:00:00:41

Ask host to enable sharing for playback control

Operasie in Tshwane vang 339 verdagtes, 61 onwettige immigrante

4/24/2026
ʼn Multidissiplinêre operasie in Akasia en Pretoria-Noord het Donderdag gelei tot die inhegtenisneming van 339 verdagtes. Hulle is weens verskeie strafregtelike oortredings vasgetrek, onder meer moord, poging tot moord en gewapende roof. Polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê 61 onwettige immigrante is aangekeer en aan immigrasiebeamptes oorhandig:

Duration:00:00:21

Ask host to enable sharing for playback control

Die 15:00 nuus

4/24/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Duration:00:03:11

Ask host to enable sharing for playback control

Die 14:00 nuus

4/24/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Duration:00:03:27

Ask host to enable sharing for playback control

Die hoofnuus om 13:00

4/24/2026
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Duration:00:04:36

Ask host to enable sharing for playback control

Operasie Prosper lewer te min resultate in Wes-Kaap

4/24/2026
Die regering van die Wes-Kaap doen 'n beroep op 'n dringende hersiening van misdaadbestrydingpogings, met huidige pogings onder Operasie Prosper wat te min resultate lewer. Premier Alan Winde sê gemeenskappe het steeds te kampe met hoë vlakke van misdaad ondanks voortgesette polisie- en militêre ontplooiings. Winde doen 'n beroep op beter intelligensie-geleide polisiëring, sterker optrede teen bendes, verbeterde verslagdoening, en 'n groter fokus op onwettige vuurwapens:

Duration:00:00:15

Ask host to enable sharing for playback control

Geen land wat Israel beset het, floreer nie - Carlson

4/24/2026
Oud-Trump-bondgenoot Tucker Carlson sit sy kritiek teenoor president Donald Trump voort en behalwe dat hy sê hy lank geteister sal word deur die feit dat hy 'n rol gespeel het om Trump verkies te kry, het hy sy visier ook op Israel. Hy sê geen plek wat deur Israel beset word floreer nie. Dit sluit die Verenigde State in.

Duration:00:00:21