Radio Scriptura-logo

Radio Scriptura

Religion & Spirituality Podcas

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Location:

South Africa

Description:

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Language:

Afrikaans


Episodes
Ask host to enable sharing for playback control

Pastoraal: Sondebelydenis en Vergifnis

5/6/2024
Hoekom bely ons sonde? Word net sonde wat bely word vergewe? Hang ons redding van sondebelydenis af? Wat van onwetende sonde? Het Christus dan nie die volle prys betaal nie? Besef ons wat sonde werklik is? Is daar 'n onderskeid tussen wedergeboorte en daaglikse bekering van sonde? Wat het sondebelydenis met aanbidding te doen? Wat as die ander persoon nie wil vergewe nie? Weet ons self waarvan ons vergewe is, en kan ons dit ooit verdien? Christus se vergifnis maak ons vry.

Duration:00:28:14

Ask host to enable sharing for playback control

Perspektief: April 2024 - Konferensies

4/29/2024
Wat is die voor- en nadele van teologiese konferensies? Dien dit 'n goeie doel, of is dit net 'n gepraat wat die plaaslike gemeente uitsluit? Gereformeerde Sessies 2024 het reeds in April plaasgevind en was grootliks susksesvol met baie goeie basiese Bybelse riglyne en preke. Wat is 'n meerdere vergadering of sinode vergadering, en wat is die oorspronklike doel daarvan binne ons kerkverband? Die Woord Konferensie vind hierdie jaar plaas van 7-9 Junie 2024, te Gereformeerde kerk Daspoort, en die tema is: Hoe ken ek God? Hoe baat die plaaslike kerk en gereformeerde predikante by hierdie konferensies?

Duration:00:33:19

Ask host to enable sharing for playback control

Pastoraal: Woede

4/22/2024
Is daar 'n onderskeid tussen goeie woede en sondige vorme van woede? Kan woede dan nog goed wees, en hoe lyk die sondige vorme van woede? Is kwaadword 'n sonde opsig self? Hoe gemaak met hoë frustrasies, baie stres, 'n tekort aan selfbeheersing en emosionele selfregulasie, en negatiewe gedragspatrone? Is my woede geregverdig in die lig van wie Christus is?

Duration:00:30:10

Ask host to enable sharing for playback control

Pastoraal: Werke van die bose

4/15/2024
Na aanleiding van 'n luisteraar se vraag: Wat is die werking van die bose, en is demoonbesetting die rede vir siektes? Sien ons vandag nog werke van die bose en demoonbesetting? Kan ons mooi onderskei tussen fisiese siekte en bose werke? Kan demone mense siek maak, of is mense eintlik bygelowig? Kry gelowiges bose aanvegtinge, en kan christene deur demone beset word? Wat is die fout met sogenaamde bevrydingsbedienings, en hoe is dit laster teen God? Hoe beraad ons dus mense oor die bose, bose aanvegtinge en demoonbesetenheid indien hulle dit ervaar of daaroor twyfel, veral in tye van siekte, ongeluk en dood? Fokus liewer op die heerskappy van die waaragtige God en Sy oorwinning van die bose aan die kruis.

Duration:00:34:51

Ask host to enable sharing for playback control

Pastoraal: Psigopatie

4/8/2024
Wat is 'n psigopaat? Hoe verskil dit van narsisisme en sosiopatie? Hoe word psigopatie geklassifiseer? Is dit boosheid of 'n siekte? Hoe kan ons bybels sin maak van hierdie super manipulerende gedrag van psigopate is, of gediagnoseer is met persoonlikheidsversteurings? Kan psigopate ook verantwoordelikheid vir hulle sonde neem? Kan 'n psigopaat gered word? Word sonde as mediese siektes geklassifiseer en gediagnoseer, of moedig ons mense aan om verantwoordelikheid vir hul sonde te vat? Paulus sê, ".... as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepping."

Duration:00:39:06

Ask host to enable sharing for playback control

Perspektief: Maart 2024 - Kruistogte en Paasstasies

4/1/2024
Christus se lyding was volkome en die prys vir ons sonde is reeds aan die kruis betaal. Wat sal mensgemaakte paasfees rituele, kruistogte en paasstasies van die wonderlike evangelie boodskap steel, of probeer byvoeg? Jesus het reeds aan die kruis gesê, "Dit is volbring". Kolossense 2:6-14: "Pasop dat niemand julle meevoer deur 'n filosofie en leë bedrieëry, wat gegrond is op menslike tradisie en teorieë oor die kosmiese elemente, en nie op Christus nie. Want in Hom woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik. En in Hom, wat Hoof oor elke heerskappy en mag is, is julle met hierdie volheid vervul. In Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis deur mensehande nie, maar deur die besnydenis van Christus, waardeur julle sondige bestaan weggeneem is. Omdat julle in die doop saam met Hom begrawe is, is julle ook saam met Hom opgewek deur die geloof in die krag van God, wat Hom uit die dood opgewek het …. Hy het die skuldbewys met sy aanklagte teen ons uitgewis en dit blywend weggeneem, toe Hy dit aan die kruis vasgespyker het."

Duration:00:35:04

Ask host to enable sharing for playback control

Pastoraal: Verslaaf aan pornografie

3/26/2024
Is pornografie werklik so verslawend en wat is die uitwerking daarvan op die menslike brein? Hoe affekteer dit volwassenes en kinders psigies, emosioneel, geestelik en fisies? Is tegnologie en blootstelling aan pornografiese materiaal op verskillende platvorms dalk 'n groter uitdaging as wat ouers besef? Het ons nog 'n bybelse persepsie van gesonde seksuele verhoudings soos God se woord dit vir ons voorhou? Is 'n bybelse wêreldbeskouing nog belangrik wanneer ons met kinders praat oor seks en seksualiteit? Hoekom kyk mense en kinders pornografie? Wat moet ons eerste aanspreek om die groeiende probleem uit te roei? Wie kan ons daarvan genees?

Duration:00:32:48

Ask host to enable sharing for playback control

Pastoraal: Verwaandheid

3/18/2024
Hoe is trots, selfliefde, ydele eer oftewel verwaandheid 'n teken van diep ongeloof en hoogmoed, of selfs verwand aan narsisme? Wat is die een ding wat ons heimlik ook deel met die gesindheid van die fariseërs? Het ons 'n hoër beeld van onsself as van God? Johannes 3:30 stel dit baie eenvoudig, "Hy moet meer word, maar ek minder." In wie vind ons ons waarde? Gebruik God lyding en beproewing om ons harte nederig te hou? Hoe bring die wet vir ons perspektief oor onsself?

Duration:00:37:31

Ask host to enable sharing for playback control

Luisteraarsvraag: Was die ou kerkvaders gereformeerd?

3/12/2024
Wie was die eerste kerkvaders? Waar kom ons gereformeerde beginsels en beleidenisse vandaan? Hoekom volg ons'n sekere orde in die gereformeerde kerk? Is gereformeerde teologie 'n nuwe uitvindsel van die 16de eeu? Waar pas Calvinisme in (TULIP)? Waar kom "progressiewe" christenskap vandaan? Semper Reformanda - hervorm steeds in ooreenstemming met die Woord van God.

Duration:00:43:27

Ask host to enable sharing for playback control

Wat sê die vers? 1 Timótheüs 1:15

3/4/2024
Paulus skryf vir die gemeente van Efese en gee vir Timótheüs pastorale riglyne van hoe die kerk van God moet funksioneer. Hy belei in sy brief: "Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is." Van watter ongeloof praat die eks-fariseër Paulus hier? Was Paulus dan nog 'n sondaar toe hy hierdie brief geskryf het? Verseker, en dit is hoe nodig ons Christus en Sy verlossing daagliks het. Himenéüs en Alexander is aan satan oorgegee, maar hoekom? Hoe ernstig is dwaalleer en hoe affekteer dit die res van die gemeente se geestelike veiligheid? Hoekom is dit deel van die kerk se opsig en tug teenoor die ongehoorsame lidmaat? Hoe moet die herders dan die gemeente beskerm?

Duration:00:35:30

Ask host to enable sharing for playback control

Perspektief: Februarie 2024

2/27/2024
Dink na oor kerk en staat was Professor Fika Janse van Rensburg se onlangse skrywe in die media. ".... ons land kies dat die regering die pluraliteit van godsdiensvryheid erken, en dat godsdiensvryheid in ons land sal geld....." Die vraag is: Is daar 'n beter weg as pluralisme? Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor die kerk en hoe verskil dit van Artikel 36 van Nederlandse geloofsbelydenis? Hoe behoort die kerk te preek en hoe moet die staat te regeer?

Duration:00:37:25

Ask host to enable sharing for playback control

Wat sê die vers? 1 Petrus 3:18-20

2/19/2024
"Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;" Wat is die konteks van hierdie teks? Moet ons dit fisies, metafories of allegories beskou? Gaan die teks oor lyding, vervolging en verdrukking? Wat is ons siening van Christus en verlossing in die ou testament? Het Jesus homself fisies in die hel aan geeste gaan vertoon? Wat is die troos vir gelowiges?

Duration:00:30:03

Ask host to enable sharing for playback control

Wat sê die vers? Jakobus 5:14-15

2/13/2024
Wat is die fokuspunt van Jakobus 5:14-15? Hoe behoort ons beproewing en siekte te sien? Hoe lyk ons geloof prakties wanneer ons siek is? Wie moet vir die siekes bid, en het die olie, salwing of ritueel 'n spesiale krag om te genees? Wie het die gawe van genesing? Wat word met die salwing in hierdie teks bedoel?

Duration:00:31:13

Ask host to enable sharing for playback control

Wat sê die vers? Markus 16:16

2/6/2024
Markus 16:16: "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word." Is mens gered omdat jy gedoop is? Moet jy gedoop word voordat jy gered kan word? Wat is die bekeringsdoop en staaf hierdie teks dit werklik? Wat hou die gereformeerde leer voor oor die kinderdoop, en vir wie is die sakrament gegee? Hoekom doop ons kinders as geloof 'n vereiste tot redding is? Wie beseël die doop? Word ons geregverdig deur die doop of deur geloof?

Duration:00:34:41

Ask host to enable sharing for playback control

Perspektief: Januarie 2024

1/29/2024
Scriptura sluit Januarie 2024 af met 'n christelike perspektief op drie nuusgebeure: Dricus du Plessis wen geveg teen Sean Strickland, 'n lasterlike reklamebord in Boksburg, en Suid-Afrika kla Israel aan van volksmoord op Gaza.

Duration:00:32:02

Ask host to enable sharing for playback control

Wat sê die vers? 1 Samuel 16:14

1/23/2024
"Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik." Hoe maak ons sin daarvan dat 'n bose gees van God af kom? Wat beteken dit dat die Gees van Saul gewyk het? Hoe verskil die werk van die Heilige Gees tussen die nuwe testament en die ou testament? Verlaat God ooit Sy uitverkore kinders? Kan ons God se soewereine wil ontduik? Verbondsverbreking kan daartoe lei dat God ons oorgee aan onsself, maar is God se liefde veranderlik?

Duration:00:32:49

Ask host to enable sharing for playback control

Luisteraarsvraag: Ware kerk en valse kerk

1/16/2024
Hoe onderskei ons tussen die ware kerk en die valse kerk? Is daar 'n geldige onderskeid te tref? Waarom is daar 'n kwessie met die lering van sommige kerke en denominasies? Wat is die kenmerke van die ware kerk teenoor die false kerk? Is die suiwer verkondiging van die evangelie, die gereelde bediening van die twee sakramente en kerklike tug belangrik vir gelowiges? Wat is die verantwoordelikheid van elke christen?

Duration:00:44:26

Ask host to enable sharing for playback control

'n Nuwe jaar vir Scriptura

1/8/2024
Wie en wat is Scriptura, en wat lê vir ons voor vir 2024? Waarom die informele aanlyn ontmoetings oor wat in die Bybel staan, en wat die gereformeerde leer inhou? Wat is die rol van Scriptura in die Afrikaanse gemeenskap en in die plaaslike kerk? Wat is die hooffokus van die bediening en watter antwoorde hou die Skrif vir ons voor in die tyd en omstandighede waarin ons leef? Het Scriptura antwoorde vir kerkloses of diegene wat soekend is? Die span het een groot hartsbegeerte: om 'n stem vir die evangelie te wees vir die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika en in die buiteland, en die roeping van suiwer woordverkondiging te vervul.

Duration:00:43:23

Ask host to enable sharing for playback control

Die Tien Gebooie - Wet en Evangelie

12/12/2023
"Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het." Watter groot genade! Die wet spreek reg en geregtigheid. Wat is die verhouding tussen wet en evangelie?

Duration:00:36:14

Ask host to enable sharing for playback control

Die Tien Gebooie: Die Tiende Gebod

12/5/2023
Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. Wat is die hart se gesindheid? Wat beteken die woord begeer? Waaroor gaan vleeslike begeertes, en hoe stry ons daarteen?

Duration:00:32:15