
Radio Scriptura
Religion & Spirituality Podcasts
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Location:
South Africa
Description:
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Twitter:
@scriptura_web
Language:
Afrikaans
Email:
info@scriptura.co.za
Episodes
Perspektief: November 2025
12/1/2025
Scriptura gesels oor wanbesteding en skuld, natuur- en wildbewaring kwessies, en laastens ook oor die G20 konferensie se skynheilige voorhou dat ons huis in order is voor die wêreld.
Duration:00:45:33
Wat sê die vers? Handelinge 2:38
11/24/2025
Wat is die misverstande en dwaalleer van die vers ten opsigte van die water, die doop en die Heilige Gees? Daar is groot hoop vir die mens in Handelinge 2:38, en meer nog in die vers wat volg: " .... die belofte kom julle toe en julle kinders ..." Kan ons geloof vir onsself in ons eie harte bewerkstellig? Wat is dan nou werklik die gawe van die Heilige Gees? Kry ek dit saam met my doop, of moet 'n ander persoon dit eers oor my afbid? Hoekom doop gelowiges hul kinders? Moet hulle nie eers in God glo voordat hulle gedoop kan word nie?
Duration:00:32:10
Wat sê die vers? Spreuke 4:23
11/17/2025
Hoe word Spreuke 4:23 misverstaan? Wat is wysheid en dwaasheid volgens God se woord? Benader ons dalk hierdie vers vanuit 'n obsessiewe selffokus en piëtistiese denkraamwerk, wat emosies bo God se wysheid verplaas en liewer 'n heilige lewe beklemtoon? Watter tipe literatuur is Spreuke, en wat is die konteks van hierdie spesifieke vers? Hoe kan ons nog staatmaak op die emosies van ons harte as dit dan 'n onheilige natuur het? Wat is ons verantwoordelkheid ten opsigte van ons denkwêreld en ons blootstelling?
Duration:00:29:02
Wat sê die vers? Kolossense 1:15
11/10/2025
Wat word regtig bedoel met Kolossense 1:15 - "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping …"? En wat is die algemene waninterpretasies van groepe soos die Jehova getuies en die Moslems oor die person van Jesus Christus? Is Hy net die beeld van God, en is Hy die letterlike eersgebore van die skepping soos ons dit vleeslik sal voorhou? Is Hy 'n skepsel, of is Hy God, en een met God en die Heilige Gees? Wat was die Kolossense konteks en misleiding? Hoe verstaan mense die woord "eersgeborene" verkeerd?
Duration:00:25:53
Perspektief - Oktober 2025
11/3/2025
In Perspektief - Oktober 2025 gesels Scriptura oor ernstige nuusgebeure van die afgelope maand. Pous Leo en koning Charles III bid saam vir die eerste keer in 500 jaar, en die stryd teen die Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission (CRL) waarmee die Suid-Afrikaanse regering poog om kerke te reguleer. En laastens het die Grootte kerk in Kaapstad 'n intergeloof byeenkoms gehou vir die geregtigheid van Palistyne wat in die oorlog in Gaza vasgevang is.
Duration:00:48:06
Die Reformasie - Die Geloofsbelydenis van Nicea
10/28/2025
Duration:00:31:00
Wat sê die vers: Matteus 17:20
10/20/2025
Jesus antwoord hulle: "Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie."
Watter waninterpretasies en misverstande bestaan rondom hierdie vers? Wat is die konteks en werklike boodskap? Is die geloof 'n magiese krag wat jy in jouself kan kweek of bewerk om wonders te doen soos God? Is dit 'n oproep om jou geloof in God te plaas en Sy raadsplan te vertrou? En is dit 'n uitdaging om "harder te probeer glo",
sodat jy groot dinge in die naam van Jesus kan doen?
Waar kom ons geloof in God vandaan? Wie is die krag van ons geloof, en wie stel ons in staat om in vertroue te volhard, al gaan dit swaar? Waar pas gebed en vas in terwyl ons ons fokus, geloof en vertroue in God plaas?
Duration:00:30:05
Luisteraarsvraag: Dekonstruksie van geloof
10/13/2025
Wat is geloofs"deconstruction"? Hoekom bevraagteken mense die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe betekenis en word vloeibaar… waarheid word 'n vraagstuk. Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstruksionisme? Is ons geloof van onlogies, of is daar bewyse vir wat ons glo? Ondersoek die Skrif en wees gereed om apologeties te antwoord oor die hoop wat ons het in Christus.
Duration:00:40:02
Skrywe aan lidmaat van GK Nelspruit op FB
10/9/2025
In die afgelope week het ’n amptelike brief van die Gereformeerde Kerk Nelspruit aan ’n lid van die gemeente opslae gemaak. Die brief handel oor kerklike betrokkenheid en die verantwoordelikheid wat belydende lidmate het teenoor die gemeenskap van gelowiges. In hierdie opname gesels die Scriptura-span oor die inhoud van die brief, die Bybelse beginsels agter kerklike tug en waarom ware gemeenskap in Christus nie bloot ’n formaliteit is nie, maar ’n lewende roeping.
Duration:00:59:44
Menslike Seksualiteit: Waarheid en liefde vir mense wat worstel
10/6/2025
Hoe moet ons mense wat met seksuele sonde worstel behandel en dien? Hoe kyk ons verby die skaamte en stigma, en help ons verlore siele om Christus se liefde en genade te sien? Hoe wen ons hulle vir Christus?
Moet ons diesulkes vermy en verwerp, of moet ons hulle liefhê en dien met die waarheid van Christus? Hoeveel siele kos dit ons om te swyg oor die waarheid? Kan liefde sonder waarheid oor sonde regtig 'n getuienis van verlossing wees? Kan die waarheid sonder liefde mense dien soos Christus dit sou doen?
Hoe moet kerkdissipline en tug teenoor lidmate en ons geliefdes lyk? Leef ons self as verlostes en getuig ons lewens van verlossing? Kategoriseer ons sondes vanweë 'n verlies aan konsekwentheid en huigelaary? Deins ons terug van die moeilike gesprekke en konfrontasies as gevolg van emosionele konnotasies of familiebande?
Duration:00:30:22
Perspektief: September 2025
9/29/2025
In 2 Johannes 1:9-10 lees ons: "Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun." Die tragiese moord op Charlie Kirk, stigter van Turning Point in Amerika, getuig van die ongelooflike goddeloosheid en hopeloosheid waarin mense hulself vandag bevind. Hy in teen deel, was iemand wat in die publieke domein die evangelie en die waarheid van God verkondig het, terwyl sy geloof ook sy politieke standpunte onderskraag het. Maar in teenstelling met die nederige getuienis van 'n getroue volger van Christus, waag verdwaalde en misleide christene dit om as selfaangestelde profete op te tree, en onbybelse uitsprake te maak in die naam van Jesus Christus. Danie Botha, eertydse Afrikaanse sanger, het die fout begaan om mense gruwelik te mislei met 'n profesie van die wegraping, te laster teen God, en 'n spektakel van die wederkoms van Christus te maak. Hy het iets wat wonderlik is, as vreesaanjaend en buite bereik van die nederiges geplaas.
Duration:00:54:16
Menslike Seksualiteit - Herstel Deel 4 – Enkellopend, gesinslewe en seksuele opvoeding
9/22/2025
Vraag 37-40 hanteer die kwessies van seksualiteit van die enkellopende, seksualiteit in die gesinslewe, asook die seksuele opvoeding van ons kinders. Hoe kan ons die gesinslewe so inrig dat dit tot eer van God voortbestaan? Wat is God se wil vir hoe ons ons kinders in geskikte seksualiteit moet opvoed? Hoe skilder ons 'n mooi beeld van seks binne die huwelik soos God dit geskape het vir ons kinders? Wat vat dit van ouers om hierdie verbondsbeloftes na te kom? Hou ons tred met die dwaling van die wêreld wat ons kinders negatief beinvloed? Hoe moet jong volwassenes hul ouers eer in hul seksuele gedrag binne verhoudings voor die huwelik?
Duration:00:35:50
Menslike Seksualiteit: Herstel (deel 3) - Huweliksrolle en wederkerige liefde
9/15/2025
Wat is die verskil tussen iemand wat teen seksuele sonde stry en iemand wat volhard in hul sonde? Kan mense wat in hul onheilige begeertes en seksuele sondes volhard, en hulle nie tot God bekeer nie, dan nie salig word nie? Wat is in ware bekering van alle seksuele sonde betrokke? Hoe moet mans daarna streef om hul vroue lief te hê en hul te eer? Hoe moet vrouens daarna streef om hul mans lief te hê en te eer? Hoe moet huweliksmaats mekaar in die huwelik op seksuele en intieme vlak dien?
Duration:00:35:11
Perspektief: Augustus 2025
9/1/2025
Scriptura gesels oor die afgelope maand se nuusgebeure wat uitgestaan het, en vir baie mense 'n struikelblok kan wees in hul geloof, oortuigings en lewens. Trump is van mening dat hy hemel toe kan gaan as hy net genoeg mense kan red. Suid-Afrikaners dobbel miljoene rande weg. Kunsmatige Intelligensie word ingespan om sielkundige terapie te lewe, en 'n soort jesus figuur vir soekendes te voor te stel.
Duration:00:37:22
Menslike Seksualiteit: Herstel Deel 2 - Pornografie se vernietigende mag
8/24/2025
Wat is pornografie? Wat is die aard van die verslawing? Wat is die gevare en die effek van onsedelikheid op mense en verhoudings? Hoe hou dit verband met afgodery, ledigheid en onreinheid buite die huwelik? Hoe stry ons die stryd teen onsedelikheid, pornografie en homeseksualiteit ens ...?
Duration:00:35:52
Menslike Seksualiteit: Herstel – Struikel, bekering en heiligmaking
8/19/2025
Wat moet ons doen met ons eie sondige seksuele begeertes en sondes? Het gelowiges ook 'n stryd met seksuele sonde? Is seksuele sonde groter as ander sonde? Hoe lyk die pad van herstel vir die gelowige wat sukkel met seksuele sonde? Is dit 'n stryd van bekering, of bly ons nou maar vasgevang in sonde? Wat moet die houding van die kerk wees teenoor christene wat stry teen seksuele sonde? Wat is die rol van medegelowiges in die herstelpad? Is daar krag in die verlossing van Christus en hoe verander die evangelie ons? Hoe moet ons die stryd stry, en met watter krag?
Duration:00:34:27
Luisteraarsvraag: Is Christus teenwoordig met nagmaal?
8/11/2025
Is die nagmaal 'n sigbare seël, of 'n misterieuse ritueel, of 'n dooie simbool? Wat is die belofte en geestelike betekenis van die nagmaal? Hoekom gebruik ons die sakrament? Hoekom het Jesus dit as 'n opdrag aan christene gegee? As die brood en die wyn nie letterlik Sy liggaam en sy bloed is nie, hoe is Christus dan teenwoordig tydens die nagmaal? Hoe verdedig ons hierdie waarheid uit die Woord en aan die hand van ons belydenisse? Hoe sien ons die drie-enigheid? Wat is Biblisisme, en hoekom het ons belydenisskrifte gesag?
Duration:00:28:00
Perspektief: Julie 2025
8/5/2025
Duration:00:32:43
Menslike Seksualiteit: Verlossing - die evangelie bring bevryding
7/28/2025
Watter soorte liefdesverhoudings is verkeerd in God se oë? Hoekom kan ons nie leef en lief hê soos ons wil nie? Hoekom is alle vorme van seksuele onsedelikheid onversoenbaar met ons eenheid in Christus? Hoe bevry die Evangelie ons ten opsigte van seksuele sonde?
Duration:00:35:00
Menslike Seksualiteit: Sondeval Deel 2 – Begeertes, versoeking en veroordeling
7/21/2025
Wat motiveer ons begeertes? Hoe werk versoekings en begeertes, en wanneer is dit sonde? Waar kom versoekings vandaan? Wat gee geboorte aan sonde, en waar gebeur dit? Kan ons in ons gedagte veilig speel met sondige denke? Sukkel ons almal met dieselfde versoekings of laste? Verwerp God slegs die begeertes wat teen Sy wet is, of net die daadwerklike oortreding van Sy wet? Is onrein gedagtes sonde, al het jy nie die dade waaraan jy gedink het, daadwerklik gedoen nie? Hoe stry ons die stryd teen sondige begeertes? Vrae 19 tot 22 van die kategismus van menslike seksualiteit werk deur die Skrif om antwoorde op hierdie vrae te verskaf.
Duration:00:29:15