Radio Scriptura
Religion & Spirituality Podcas
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Location:
South Africa
Description:
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Twitter:
@scriptura_web
Language:
Afrikaans
Email:
info@scriptura.co.za
Episodes
Luisteraarsvraag: Was die ou kerkvaders gereformeerd?
3/12/2024
Wie was die eerste kerkvaders? Waar kom ons gereformeerde beginsels en beleidenisse vandaan? Hoekom volg ons'n sekere orde in die gereformeerde kerk? Is gereformeerde teologie 'n nuwe uitvindsel van die 16de eeu? Waar pas Calvinisme in (TULIP)? Waar kom "progressiewe" christenskap vandaan? Semper Reformanda - hervorm steeds in ooreenstemming met die Woord van God.
Duration:00:43:27
Wat sê die vers? 1 Timótheüs 1:15
3/4/2024
Paulus skryf vir die gemeente van Efese en gee vir Timótheüs pastorale riglyne van hoe die kerk van God moet funksioneer. Hy belei in sy brief: "Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is." Van watter ongeloof praat die eks-fariseër Paulus hier? Was Paulus dan nog 'n sondaar toe hy hierdie brief geskryf het? Verseker, en dit is hoe nodig ons Christus en Sy verlossing daagliks het. Himenéüs en Alexander is aan satan oorgegee, maar hoekom? Hoe ernstig is dwaalleer en hoe affekteer dit die res van die gemeente se geestelike veiligheid? Hoekom is dit deel van die kerk se opsig en tug teenoor die ongehoorsame lidmaat? Hoe moet die herders dan die gemeente beskerm?
Duration:00:35:30
Perspektief: Februarie 2024
2/27/2024
Dink na oor kerk en staat was Professor Fika Janse van Rensburg se onlangse skrywe in die media. ".... ons land kies dat die regering die pluraliteit van godsdiensvryheid erken, en dat godsdiensvryheid in ons land sal geld....." Die vraag is: Is daar 'n beter weg as pluralisme? Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor die kerk en hoe verskil dit van Artikel 36 van Nederlandse geloofsbelydenis? Hoe behoort die kerk te preek en hoe moet die staat te regeer?
Duration:00:37:25
Wat sê die vers? 1 Petrus 3:18-20
2/19/2024
"Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;" Wat is die konteks van hierdie teks? Moet ons dit fisies, metafories of allegories beskou? Gaan die teks oor lyding, vervolging en verdrukking? Wat is ons siening van Christus en verlossing in die ou testament? Het Jesus homself fisies in die hel aan geeste gaan vertoon? Wat is die troos vir gelowiges?
Duration:00:30:03
Wat sê die vers? Jakobus 5:14-15
2/13/2024
Wat is die fokuspunt van Jakobus 5:14-15? Hoe behoort ons beproewing en siekte te sien? Hoe lyk ons geloof prakties wanneer ons siek is? Wie moet vir die siekes bid, en het die olie, salwing of ritueel 'n spesiale krag om te genees? Wie het die gawe van genesing? Wat word met die salwing in hierdie teks bedoel?
Duration:00:31:13
Wat sê die vers? Markus 16:16
2/6/2024
Markus 16:16: "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word." Is mens gered omdat jy gedoop is? Moet jy gedoop word voordat jy gered kan word? Wat is die bekeringsdoop en staaf hierdie teks dit werklik? Wat hou die gereformeerde leer voor oor die kinderdoop, en vir wie is die sakrament gegee? Hoekom doop ons kinders as geloof 'n vereiste tot redding is? Wie beseël die doop? Word ons geregverdig deur die doop of deur geloof?
Duration:00:34:41
Perspektief: Januarie 2024
1/29/2024
Scriptura sluit Januarie 2024 af met 'n christelike perspektief op drie nuusgebeure: Dricus du Plessis wen geveg teen Sean Strickland, 'n lasterlike reklamebord in Boksburg, en Suid-Afrika kla Israel aan van volksmoord op Gaza.
Duration:00:32:02
Wat sê die vers? 1 Samuel 16:14
1/23/2024
"Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik." Hoe maak ons sin daarvan dat 'n bose gees van God af kom? Wat beteken dit dat die Gees van Saul gewyk het? Hoe verskil die werk van die Heilige Gees tussen die nuwe testament en die ou testament? Verlaat God ooit Sy uitverkore kinders? Kan ons God se soewereine wil ontduik? Verbondsverbreking kan daartoe lei dat God ons oorgee aan onsself, maar is God se liefde veranderlik?
Duration:00:32:49
Luisteraarsvraag: Ware kerk en valse kerk
1/16/2024
Hoe onderskei ons tussen die ware kerk en die valse kerk? Is daar 'n geldige onderskeid te tref? Waarom is daar 'n kwessie met die lering van sommige kerke en denominasies? Wat is die kenmerke van die ware kerk teenoor die false kerk? Is die suiwer verkondiging van die evangelie, die gereelde bediening van die twee sakramente en kerklike tug belangrik vir gelowiges? Wat is die verantwoordelikheid van elke christen?
Duration:00:44:26
'n Nuwe jaar vir Scriptura
1/8/2024
Wie en wat is Scriptura, en wat lê vir ons voor vir 2024? Waarom die informele aanlyn ontmoetings oor wat in die Bybel staan, en wat die gereformeerde leer inhou? Wat is die rol van Scriptura in die Afrikaanse gemeenskap en in die plaaslike kerk? Wat is die hooffokus van die bediening en watter antwoorde hou die Skrif vir ons voor in die tyd en omstandighede waarin ons leef? Het Scriptura antwoorde vir kerkloses of diegene wat soekend is? Die span het een groot hartsbegeerte: om 'n stem vir die evangelie te wees vir die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika en in die buiteland, en die roeping van suiwer woordverkondiging te vervul.
Duration:00:43:23
Die Tien Gebooie - Wet en Evangelie
12/12/2023
"Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het." Watter groot genade! Die wet spreek reg en geregtigheid. Wat is die verhouding tussen wet en evangelie?
Duration:00:36:14
Die Tien Gebooie: Die Tiende Gebod
12/5/2023
Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. Wat is die hart se gesindheid? Wat beteken die woord begeer? Waaroor gaan vleeslike begeertes, en hoe stry ons daarteen?
Duration:00:32:15
Perspektief: November 2022
11/28/2023
Scriptura werp Bybelse lig op die nuwe regulasies vir landbou-uitvoere vir blanke boere, die voorgestelde Bela wetsontwerp vir onderwys en skole, en Nederland se regse politieke party wat hul kultuur verdedig en stry teen massa immigrasie. Mag enige wet, taal of kultuur in die pad van die evangelie staan? Hoe kan ons die staat verantwoordelik hou vir goeie regering, ekonomiese bestuur, vryheid van geloof en ons goddelike mandaat vir die opvoeding van ons kinders?
Duration:00:33:26
Die Tien Gebooie: Die Negende Gebod
11/21/2023
Wat is waarheid? Wat word in die negende gebod gebied en verbied, en wat is die hart van die gebod? Hoe handhaaf ons die waarheid in die samelewing? Hoe praat ons van ons naaste, oor ons naaste en met ons naaste? Het ons nog 'n liefde vir die waarheid, en beskerm ons nog die reputasie van ons naaste?
Duration:00:39:02
Die Tien Gebooie: Die Agtste Gebod
11/14/2023
Waar kry jy alles wat jy besit? Wat van jou gawes en talente? Wat beteken die agtste gebod vir ons wie God opreg wil dien? Watter vorms van steel bestaan daar? Hoe speel dit uit in die samelewing en in jou eie lewe? Hoe eerlik is ons met ons tyd, geld en aandag, sodat ons die middele tot ons beskikking ook nie misbruik nie? Wat ontvang ons terug vir ons vrygewigheid en ons offers aan God? Wat is die verband tussen materiële diefstal en om van harte te beroof?
Duration:00:34:46
Die Tien Gebooie: Die Sewende Gebod
11/7/2023
Waarom is die huwelik heilig, en hoekom is egbreuk sonde? Hoekom moet ons God met ons liggame dien? Wat is die regte uitleef van ons seksualiteit? Hoe kan gelowiges hulself beskerm teen onkuisheid? Hoe moet ongetroudes hieroor handel en dink? Vlug weg van onsedelikheid, want jou liggaam is die tempel van God. Jy is duur gekoop.
Duration:00:39:41
Perspektief: Oktober 2023
10/30/2023
In Perspektief - Oktober 2023, gesels Scriptura oor die aanval van Moslem millitante groep, Hamas, op Gaza, asook die NG kerk se besluit oor selfde geslag verbintenisse op hul sinode vergadering van 2023.
Duration:00:39:20
Die Tien Gebooie: Die Sesde Gebod
10/24/2023
"Jy mag nie moord pleeg nie", is die woorde van die sesde gebod. Wie gee lewe, en wie bepaal die waarde van die menslike lewe? Wanneer mag daar dood gemaak word volgens die Skrif? In watter kategorie val aborsie, selfverdediging? Tot watter mate moet ons lewe beskerm en die goeie van ons naaste soek? Is die dood die grootste ellende wat jou kan tref?
Duration:00:21:01
Die Tien Gebooie: Die Vyfde Gebod
10/17/2023
Waarom is die vyfde gebod belangrik? Deur wie wil God jou regeer? Wat is die gevolge van ongehoorsaamheid aan gesagstrukture? Die gebod met 'n belofte het vir diegene wat dit gehoorsaam: "Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee."
Duration:00:39:03
Perspektief: September 2023
10/10/2023
Scriptura bespreek drie onderwerpe in Perspektief van September 2023, naamlik: dieremishandeling en diereverering kry dieselfde status, Christenskap groei in Iran ongeag vervolging, en op Erfenisdag was daar 'n byeenkoms van die Sciëntologie-kerk (Christian Science) in Suid-Afrika by Castle Kyalami met die Ubuntu tema.
Duration:00:34:04